|
Author | Message |
---|
kalaharikind
Posts : 5 Reputation : 0 Join date : 2009-11-16 Age : 54 Location : Dealesville
| Subject: George se nuwe dam Sat Dec 12, 2009 11:22 am | |
| Hey al die Koi-ane , Graag wil ek net my eerste probeerslag (alles is DIY) met julle deel. Die dam is omtrent so 4000l (sonder water-feature en stroom). Ek woon in Dealesville so 60km van Bloem en die dam het nog geen vis behalwe n paar commets en fan tails wat ek gebruik om my Bio- filter "in te loop". Nog net een week dan sal ek die groot soektog na vis van stappel stuur. My water is nou al vir 2 weke helder skoon met al die levels reg. Die forum was my grootste bron van kennis en raad , baie dankie aan almal se comments dit het onsettend baie gehelp veral by die filtrering. ek beoog om so 4 of 5 vis aan te hou in die dam (die volgende een wat heelwat groter gaan wees is al klaar in beplanning).[img] [img] [/img] [img] [/img] |
|
| |
Jaco
Posts : 700 Reputation : 5 Join date : 2008-02-16 Age : 58 Location : Odendaalsrus Freestate
| Subject: Re: George se nuwe dam Sat Dec 12, 2009 1:34 pm | |
| Baie mooi, ek sien nog baie plek op daai erf. |
|
| |
angryant
Posts : 192 Reputation : 1 Join date : 2009-05-16 Age : 51 Location : Blouberg, Cape Town
| Subject: Re: George se nuwe dam Sat Dec 12, 2009 3:05 pm | |
| That's what I wanted to say you should have gone bigger we all make that mastake but well done and it looks good very very neat. Now take your time getting your 5 best possible koi don't make the same mastake as every new commer including myself I think if you go to get any koi take your camera take some pics book the koi post them on the site get feed back if it is good go pic up your fish as you would have read loads of us buy our first koi only to end up giving the away later
nice enjoe |
|
| |
bobby
Posts : 1375 Reputation : 0 Join date : 2008-06-30 Age : 71 Location : Malmesbury Cape Town
| Subject: Re: George se nuwe dam Sat Dec 12, 2009 8:35 pm | |
| Baie netjies, ek glo jy gaan dit nog baie geniet en soos ons almal met die tyd wil vergroot. Ek het onsettend baie van mede Koi keepers en my eerste dam die afgelope 2 jaar geleer. Sterkte met die plasing van Koi vorentoe. |
|
| |
Marius Bezuidenhout
Posts : 836 Reputation : 0 Join date : 2009-01-29 Age : 58 Location : Bloemfontein but mostly somewhere else
| Subject: Re: George se nuwe dam Sun Dec 13, 2009 1:51 pm | |
| Geluk met die nuwe dam en ek is bly om te sien daar nog Vrystaters op die Forum. As jy gratis Koi soek is jy welkom om in Bloem te kom haal. Mense dink dat gratis vis siek of baie sleg is. Indien jy belangstel sal ek fotos plaas van die wat ek van ontslae wil raak. Besig om plek te maak vir beter Koi.
Ek merk op een van jou fotos dat die UV onderste bo gemonteer is. Wees versigtig dat die lamp nie beskadig word as jy die pomp afskakel nie, aangesien die UV dan droog sal loop en lamp kan blaas sodra pomp weer aangeskakel word en water vloei oor die warm lamp. |
|
| |
Guest Guest
| Subject: Re: George se nuwe dam Sun Dec 13, 2009 2:07 pm | |
| Hi,
Koppel net die pomp en UV lig op dieselfde skakelaar, en jy is OK! |
|
| |
kalaharikind
Posts : 5 Reputation : 0 Join date : 2009-11-16 Age : 54 Location : Dealesville
| Subject: Baie dankie , Mon Dec 14, 2009 6:42 am | |
| Baie dankie vir almal se komplimente , ek wardeur dit opreg. Een dink van mede koi eienaars wat my nogal opval is die bereidwilligheid om te help In vandag se tyd is dit nogal iets wat jy nie sommer kry nie. Marius , baie dankie vir jou aanbod , ek sal daarvan gebruik maak , ek is die week in Bloem as jy my net jou Sel Nr gee kan ek jou kontak. My Uv en pomp is op dieselfde skakelaar , die enigste mod wat ek nog moet doen is om n non-return valve op die inlet van die bio-filter te sit , as die krag afgaan loop die filter leeg. Ek gaan more die verandering aanbring. |
|
| |
Jaco
Posts : 700 Reputation : 5 Join date : 2008-02-16 Age : 58 Location : Odendaalsrus Freestate
| Subject: Re: George se nuwe dam Mon Dec 14, 2009 7:44 am | |
| Dis beter vir die filter om leeg te staan as die krag af is. |
|
| |
kalaharikind
Posts : 5 Reputation : 0 Join date : 2009-11-16 Age : 54 Location : Dealesville
| Subject: lee filter Mon Dec 14, 2009 9:15 am | |
| Dankie vir die raad Jaco , daar leer ek weer iets nuuts. |
|
| |
Marius Bezuidenhout
Posts : 836 Reputation : 0 Join date : 2009-01-29 Age : 58 Location : Bloemfontein but mostly somewhere else
| Subject: Re: George se nuwe dam Mon Dec 14, 2009 7:34 pm | |
| George
0824847844
Gaan hulle solank more oggend begin vang en in klein dam plaas dat jy hulle beter van naby kan sien wanneer jy hier is |
|
| |
Marius Bezuidenhout
Posts : 836 Reputation : 0 Join date : 2009-01-29 Age : 58 Location : Bloemfontein but mostly somewhere else
| Subject: Re: George se nuwe dam Tue Dec 15, 2009 12:51 pm | |
| |
|
| |
Marius Bezuidenhout
Posts : 836 Reputation : 0 Join date : 2009-01-29 Age : 58 Location : Bloemfontein but mostly somewhere else
| Subject: Re: George se nuwe dam Tue Dec 15, 2009 4:41 pm | |
| George, dankie vir jou en jou gesin se besoek in Bloem. Hoop die Koi bring jou vreugde en dat hulle sommer gou sal aanpas. Myne lyk nou weer gelukkig asof daar geen versteuring van hul huis was nie.
Jammer dat ons toe nooit jou 'favourite' kon vang nie maar gelukkig het dit my nou kans gegee om die ander Koi van nader te kon bekyk. Sien uit na jou volgende groot-dam projek.
Sal solank jou gunstelling vang en vet voer vir jou volgende besoek. Laat weet of hulle dit veilig gemaak het asb. |
|
| |
kalaharikind
Posts : 5 Reputation : 0 Join date : 2009-11-16 Age : 54 Location : Dealesville
| Subject: Baie Dankie Tue Dec 15, 2009 6:42 pm | |
| Baie dankie vir jou onbaatsigtigheid Marius , dit word opreg wardeur. Die koi is in die dam en al klaar rustig , het al ge-eet en swem rustig rond en bekyk die nuwe tuiste. Ek sal in kontak bly en wag vir die oproep as jy my favourite gevang het. Nogmaals baie dankie. |
|
| |
Jaco
Posts : 700 Reputation : 5 Join date : 2008-02-16 Age : 58 Location : Odendaalsrus Freestate
| Subject: Re: George se nuwe dam Wed Dec 16, 2009 8:19 am | |
| Dis presies waaroor die hobby gaan. |
|
| |
Sponsored content
| Subject: Re: George se nuwe dam | |
| |
|
| |
|