Sjoe, ek het so 2 jaar terug n visdammetjie gebou om my tuin te verfraai, het besluit op Koi om anders te wees. Gaan koop toe klein vissies hier daar en oral en gooi hulle in my dam, en hulle het natuurlik almal gevrek. Maar ek het weer probeer, rond gevra en nou het ek n paar visse wat van so 6cm tot omtrent 40cm gegroei het. Ek het natuurlik gedink ek het die mooiste Koi in die land, tot ek op die Koi forum afgekom het!
Ek glo my dam is alles behalwe goed, en my Koi is seker pavement specials, maar ek dink hulle is amazing, so hier en daar n lelike ene, maar sekerlik niks skou kwaliteit nie, ek sal nie weet nie, al was daar! Die forum is stunning, en die gogga het my nou gebyt.
Die terminologie is nog bokant my vuurmaakplek, ek lees allerhande Japanese name, Hi en sumi ens en weet nie wat dit is nie. En dan van alles wat in die dam moes wees en nognie is nie. My probleem is meeste mense praat van al die goed en vir ouens soos ek is dit nog grieks. Wens ek kon n prentjie kry van hoe n dam behoort te lyk en wat hy als moet he. Eks n draughtsman en prentjies doen die ding vir my!
Ek bly in die Oos Rand. Waar kan ek die beste visse, raad ens kry. Daars so baie plekke maar weet nie wat is goed en wat nie! Wil graag my dam en my visse nog verbeter. Ek het so 5000 liter dammetjie, met n .5kw pomp en n 2 sak sand filter. Verder het ek n UV filter en dis about al. Moet se my water is mooi skoon, moes onlangs meer suurstof in die water kry, die visse het begin swaarkry, toe het ek n aerator pompie met 2 stene ingesit en die visse lyk sommer baie happy. Ek het nie n biologiese filter nie, watse invloed het dit en watse alternatiewe is daar?
Thanks vir die great forum, die info is geweldig, ek sit en vergaap my aan hoe min ek weet!!
Cheers