Hallo ouens.
Ek het 'n ±15 000L sement dam met 'n 1 000L settlement chamber waarin die bottom drain se pyp inkom.
Water met 2 inlets waarvan 1 'n venturi is.
Dam heeldag in volson.
0.74kW pomp
KOI 3 sandfilter met 3-4mm filtersand
40L Biofilter
2 x 30W Zappers
sout: 0.27
Nou, ek stoei met alge en dit lyk nie of die filter die baie klein stukkies wat in die dam is, kan uitfiltreer nie.
Dit was 'n ruk terug ook so tot ek sout ingegooi het en toe is die alg onder beheer. Maar nou is dit terug. As die visse teen die kant verby swem, maak dit die alg los van die kant en dryf dit in die water.
Ek het al gedink om effens fyner sand in die filter te gooi, maar is onseker of dit sal werk.
As ek backwash en die bottomdrain se pyp skoonmaak en die vuilheid deur die filter gaan, kom daar vuilerige water weer by die inlets in; vandaar my vermoede dat die sand dalk te grof is.
Het enigiemand dalk vir my raad en dankie solank.
Deon