Goeie môre.
Ek het 'n maand of wat terug 'n lekplek in my dam begin kry. Die water het aanvanklik BAIE vinnig uitgeloop en later al hoe stadiger. Gister het die laastes uitgeloop en net die bottom drain het nou water in.
Dit beteken dat die lekplek tussen die bottom drain en die sement is. Op die oog af lyk dit baie klein met omtrent 'n 1mm "gap" hier en daar tussen drain en sement.
Wat is die beste manier om dit reg te maak?
- Ek het aanvanklik gedink om glasvesel resin daarin te probeer kry.
- Later gedink aan 'n glasvesellappie reg rondom en dan dit met die resin heeltemal dig te maak.
- Ook gedink om die mengsel waarmee my dam mee geseël is te gebruik. Dis 'n vloeistof wat met sement gemeng word en dan aangeverf word met 'n kwas. Dit seël regtig baie dig.
Ek sal graag julle raad hierop wil hê.
Baie dankie solank!
Deon