Mense onderskat die effek van 90 grade bends en veral dukte van pyp.
Die volgende tabel het ek saam met my boorgat pomp gekry:
Ek het 'n 5.5 kw pomp wat tans 50 mm pype het en 12 000 liter/uur stoot. (head loss per 100m volgens tabel = 14 meter)
Inden ek verander a 63 mm pype is my head loss maar 5.5 meter per 100 m volgens die tabel.
My pype hardloop 300 meter nadat dit 120 meter vertikaal uit die gat kom. Dus het ek tans 'n 42 meter head loss net oor di horisontale gedeelte teenoor 16 meter indien ek oorgaan na 63 mm.
Gevolgtrekking: 1800 liter meer water per uur indien ek oorgaan na 63 mm. Ek gebruik egter klas 12, so dit gaan R 12 000 kos om te vervang.
Ander voorbeeld soos bereken volgens tabel: 'n Speck pomp wat met 50mm pyp hardloop het 'n head loss van 28 m/100 m (Dus 28%)
Met 63 mm het dieslfde pomp 'n head loss van 10 m/100 meter (Dus 10%)
Met 75 mm het hy maar 4.6% head loss.
Laat mens dink
Besproeingpyp gaan ook jou head loss baie verminder aangesien jy wegdoen met 90 grade bends. Baie mense voel dit lyk nie so netjies nie, maar dit maak baie meer sin. Ek het besproeingspyp op my swembad tipe pompe.