Deon,
Daar is verskei redes hoekom hulle dit doen.
As hulle dit die hele tyd, aaneen doen dui dit op parasiete!
As net een of twee dit doen, maar net so nou en dan kan dit amonia of nitrite irritasie wees of nadat daar vars water in die dam getap was.
Party Koi "speel" egter so, maar dit kom gewoonlik net in die vroeg-aand voor, en dan doen hulle die gekrap of "flashing" net een of twee maal.
Gooi sout by jou water ( 3kg/1000lt) dit sal help indien hulle, hul self stukkend krap.
As jy verskillende Koi by verskeie handelaars gekoop het, kan dit net parasiete wees. Die beste is om dan te skraap en vas te stel watter parasiet teenwoordig is.