Toe ek Saterdagoggend by my dam kom het een van my visse dood rond gedryf
Ek het toe die dam met Potassium Pernanganate ge"shock" (60 ml/3000liter) en beplan 'n opvolg behandeling vir e.k Vrydag.
Wat is jou mening oor wanneer ek nuwe visse sal kan byvoeg?
Antw:
Die feit dat 'n vis doodgegaan het is 'n aanduiding dat daar 'n probleem met jou dam is. Die ideaal sou wees om hulle te skraap en die skraping te toets onder 'n mikroskoop om te bepaal of en indien wel, watter tipe. Die kanse dat dit 'n parasiet is, is baie groot maar dit sal bloot jou sekondere probleem wees, want indien jou water kondisie goed was, behoort jy nie 'n probleem met parasiete te hê nie. Miskien is jou nitriete baie hoog. Dit is tipies vir September want die visse begin om baie te eet, jy het dalk winter "sludge" in jou water, maar daar is nog baie min Nitrobacter (bakterie) in jou filter om dit uit te sorteer, want Nitrobacter neem 'n rukkie om te groei na die winter. Ek stel voor jy toets jou water vir nitriete.
September veroorsaak gereeld 'n kettingreaksie, die nitriete klim die hoogte in as gevolg van die winter "sludge" en die feit dat hulle baie eet voordat die goeie bakterie teenwoordig is, die visse se imuniteit is baie laag na die winter, die twee saam veroorsaak dat die parasiete 'n vatplek kry op die visse en met rasseskrede toeneem, en dit gaan oor in 'n bakteriële infeksie want die parasiete veroorsaak toegang tot die ingewande van die vis en die visse begin vrek weens inwendige bakteriele infeksie.
Potassium is baie effektief, maar nie teen inwendige bateriele infeksie nie) en dit hang af van hoeveel organiese materiaal jy in jou pond gehad het. Die water moes ten minste 6 uur pienk/rooi bruin gebly het, om byvoorbeeld Fluke uit te sorteer en jy benodig gewoondlik vier behandelings van potassium om dit te bereik, afhangende van die hoeveelheid organiese materiaal. Dit sou ook 'n goeie idee wees om jou sout te verhoog tot 4 kg/1000 liters. Dit sal 'n sekondere bakteriele infeksie afweer en gee ook vir die visse 'n ekstra "mucus" laag om hulle te beskerm teen parasiete en bakterie.
Jy meld 'n dosis van 60 ml/3000 liter. Dit hang af van die konsentrasie wat jy gebruik het. Potassium is kristalle wat gemeng word met water, so dit hang af met hoeveel water is hoeveel potassium gemeng om die 60 ml saam te stel.
Herhaal die behandeling (gebruik die dosis soos aangedui op jou konsentrasie) totdat jy die 6 uur tydperk bereik het en slaan elke keer 'n dag of twee oor tussen behandeling. Jy hoef nie te wag tot Vrydag nie. In suiwer formaat gebruik mens 2.65 gram per 1000 liters (een gelyk teelepel per 2000 liters) Dit sal parasiete en swak bakterie uitsort(maar ook jou goeie bakterie doodmaak, so daaglikse water toetse is belangrik op hierdie tydstip). Opvolg behandeling na 'n week is noodsaaklik want jou eerste behandeling sou nie die ongebore parasiete doodgemaak het nie. Die korrekte dosis is uiters belangrik in die geval van Potassium want dit oksideer enige organiese materiaal en is nie 'n gifstof soos algemeen aanvaar nie en kan die vis laat vrek indien oksidasie te lank neem. Jy wil nie jou Koi laat oksideer nie.
Indien jy nuwe vis koop, behoort jy in elk geval nuwe vis te kwarantyn. My voorstel is, kry vir jou 'n kwarantyn fasiliteit waarin jy nuwe aankope sit en stelselmatig gewoond maak aan jou pond se water, jou visse se bakterie(deur een van jou pond se visse ook daarin te plaas) en jou toestande.
Ek verkoop 1100 liter traliewerk portapools vir die doel @ kosprys, R 350.00. Na kwarantyn pak jy dit net op en gebruik dit weer later vir verdere aankope of wanneer jy 'n siek vis afsonderlik moet behandel.(hospitaal fasiliteit) of miskien selfs babas wil grootmaak na 'n spawning.
Groete
Paul