Hi Kierie
Ek stem saam met Collin dat die een links is nie 'n goeie kwaliteit nie.
Die Chagoi (bruin) is redelik goed. Hy het 'n goeie net patroon wat een van die belangrikste dinge is waarna gekyk word by beoordeling van Chagoi's.
Die een langs hom is 'n Saragoi. Hy lyk net soos die Chagoi met sy net patroon, maar is grys/silver. Hulle raak ook baie mak en groei vinnig soos die Chagoi's.
'n Kombinasie van die twee gee weer vir jou 'n Ochiba Shigure.
Die ander visse wat jy geplaas het is nie skou kwaliteit nie. Die patrone is nie gebalanseer nie en die "bodyshapes" is nie te waffers nie. Ten opsigte van die balans van eienskappe byvoorbeeld Hi en Shiroji en kiwa, dit is baie moeilik om van 'n foto te beoordeel en die kwaliteit van fotos is ook nie baie goed nie.
Hulle is egter redelike goeie pond koi. Die Shiro Utsuri het egter goeie potensiaal.