Ek wil die met julle deel want ek vind dit baie intresant.
Vandat ek my huis gekoop het, was daar masked weavers en Pin-tailed Whydah's in my tuin. Die weavers het nes gemaak in 'n silwer karee boom wat in my agter plaas gestaan het. Daar is nogal baie van die bome in my omgewing.
Voorbeeld van 'n masked weaver.Voorbeeld van 'n Pin-tailed Whydah.Verlede jaar moes ek die boom laat afsny omdat die boom begin om val het...maar die probleem was dat daar nog 'n nes met masked weavers in die boom was. Die afsny van die boom kon nie wag nie en ek wou ook nie die arme voeltjies se nes verwyder terwyl daar nog kleintjies in was nie.
Ek het toe die tak waaraan die nes vas was versigtig afgesny en dit na 'n brazilian pepper tree wat oor my koi dam hang geskuif. Ek het die tak aan die boom vas gemaak met cable ties en 'n paar weke later het die kleintjies die nes verlaat.
Ek het gedink dat dit die laaste was van die weavers en het gedkink dat ek hulle nie weer in my tuin sou sien nie....maar so 2 weke gelede het daar ewe skielik 'n masked weaver begin nes maak in my brazilian pepper tree wat oor my koi dam hang....baie snaaks want hulle gebruik mos die die boom nie.
Ek wonder of dit die kleintjie is wat uitgebroei het in die boom? Shame het ek hom nou ge confuse?