Hi Martin
Ek merk jy pos onder KHV. Dit kan KHV wees indien jy nuwe vis bygevoeg het, maar indien nie, sou KHV vroeer uitgebreek het.
Klink eerder na 'n bakteriele infeksie. Die beste is om 'n monster in te stuur na Pathcare om te bepaal watter Bakterie om te behandel, maar jy het nie tyd nie.
Jy behoort ook 'n skraap te neem om te sien of daar 'n parasiet infeksie is wat die bakteriele infeksie getrigger het.
Ek sou 'n aggresiewe Potasium Permanganaat behandeling gevolg het as ek jy was. 2.5g/1000 liter, slaan een dag oor, en doen dit weer en weer todat die water pienk bly vir ten minste 4 ure. Afhangende van die organiese materiaal in jou dam, 4 of 5 keer met 'n dag oorgeslaan tussen behandeling. 20 -30% waterchange na elke behandeling.
Gooi dan 5kg sout per 1000 liter.