|
|
Author | Message |
---|
vossie
Posts : 631 Reputation : 11 Join date : 2010-05-25 Age : 59 Location : krugersdorp
| Subject: currie cup Sat Jul 10, 2010 2:14 pm | |
| ai ek kan nie wag dat WP die Vrystaat vanmiddag `n pakslae gaan gee nie hehehehe |
|
| |
vossie
Posts : 631 Reputation : 11 Join date : 2010-05-25 Age : 59 Location : krugersdorp
| Subject: Re: currie cup Mon Jul 12, 2010 8:57 am | |
| dankie wp net jammer die driee was maar skaars gelukkig vir generaal de waal |
|
| |
vossie
Posts : 631 Reputation : 11 Join date : 2010-05-25 Age : 59 Location : krugersdorp
| Subject: Re: currie cup Sun Jul 18, 2010 4:59 pm | |
| dasy nog 4 puntjies by vir wp province |
|
| |
bobby
Posts : 1375 Reputation : 0 Join date : 2008-06-30 Age : 71 Location : Malmesbury Cape Town
| Subject: Re: currie cup Sun Jul 18, 2010 5:11 pm | |
| Hi Vossie, Ek is bly vir 'n WeePeee ondersteuner daar in die vreemde ("Naby Alles", maar niks Seeee en Berg) dis maar skaars, dan het jy al seker naby die berg gebly. |
|
| |
vossie
Posts : 631 Reputation : 11 Join date : 2010-05-25 Age : 59 Location : krugersdorp
| Subject: Re: currie cup Sun Jul 18, 2010 5:28 pm | |
| mmm het familie in belville en Napier naby bredasdorp en was op skool in oakdale riversdal en het 16 jaar in hartenbos gebly.Broer het twee huise in stilbaai en ek het op kraaifontein gewerk op `n plaas |
|
| |
bobby
Posts : 1375 Reputation : 0 Join date : 2008-06-30 Age : 71 Location : Malmesbury Cape Town
| Subject: Re: currie cup Sun Jul 18, 2010 6:06 pm | |
| Nee wat Vossie nou maak dinge sin, jy ken die berg, ek het self in Bellvile gewoon en by DF Malan skool deur die venster gekyk. Oakdale rugby was maar moeilik in my dae, baie op ons m... gekry |
|
| |
Marius Bezuidenhout
Posts : 836 Reputation : 0 Join date : 2009-01-29 Age : 58 Location : Bloemfontein but mostly somewhere else
| Subject: Re: currie cup Sat Aug 14, 2010 7:48 pm | |
| |
|
| |
bobby
Posts : 1375 Reputation : 0 Join date : 2008-06-30 Age : 71 Location : Malmesbury Cape Town
| Subject: Re: currie cup Sat Aug 14, 2010 7:56 pm | |
| Hey Maruis, duidelik het jy nie die laaste 8 minute van die Oranje manne gekyk nie. Sorry man, maar dankie vir die WeeeeePeeee, hulle het bietjie gerus vandag. |
|
| |
angryant
Posts : 192 Reputation : 1 Join date : 2009-05-16 Age : 51 Location : Blouberg, Cape Town
| Subject: Re: currie cup Sun Aug 15, 2010 1:56 am | |
| Hey Bobby we will just have to win again when it counts the most like in a semi or a final the Bulls will be back |
|
| |
Jack Bach
Posts : 136 Reputation : 0 Join date : 2009-06-17 Location : Montana, Pretoria
| Subject: Re: currie cup Sun Aug 15, 2010 6:35 am | |
| Hi daar vir die WeerProbeer manne Julle het al klaar vergeet wat in 2009 gebeur het..... Moenie te vroeg in Bachhus se oe begin staar nie Maar net om julle te herinner........ [ |
|
| |
vossie
Posts : 631 Reputation : 11 Join date : 2010-05-25 Age : 59 Location : krugersdorp
| Subject: Re: currie cup Sun Aug 15, 2010 7:47 am | |
| |
|
| |
Drikus van Dijk
Posts : 11 Reputation : 0 Join date : 2009-12-29 Location : Vredenburg
| Subject: Re: currie cup Sun Aug 15, 2010 4:46 pm | |
| WP ----" djou leka ding " |
|
| |
Jaco
Posts : 700 Reputation : 5 Join date : 2008-02-16 Age : 58 Location : Odendaalsrus Freestate
| Subject: Re: currie cup Sun Aug 15, 2010 6:11 pm | |
| |
|
| |
bobby
Posts : 1375 Reputation : 0 Join date : 2008-06-30 Age : 71 Location : Malmesbury Cape Town
| Subject: Re: currie cup Sat Oct 02, 2010 3:28 pm | |
| - angryant wrote:
- Hey Bobby we will just have to win again when it counts the most like in a semi or a final the Bulls will be back
The time is here..... Good luck Shawn......... looks like you will need some support. from a Weeeee Peeeee hobbyist |
|
| |
Chris Maritz
Posts : 313 Reputation : 8 Join date : 2009-10-06 Location : Port Elizabeth
| Subject: Re: currie cup Sat Oct 02, 2010 11:52 pm | |
| Hoekom is al die WP manne nou so still???? Bobby, jy moes maar wag tot die 2de helfde voor jy gepost het jong. Die Bulle se B-span het nie te sleg gespeel nie, of hoe.... |
|
| |
bobby
Posts : 1375 Reputation : 0 Join date : 2008-06-30 Age : 71 Location : Malmesbury Cape Town
| Subject: Re: currie cup Sun Oct 03, 2010 7:34 am | |
| Nee wat ou Chris 'n WP ondersteuner is al geoefen in hierdie soort ding, ons kan dit vat, is nog trots op my spannetjie.... hulle sal die Loftus ding nog breek.
As jy die bulle se reaksie kyk was hulle nogal verlig oor die noue ontkoming... as jy na die A span bokke verwys wonder ek maar sterk of hullle nie dalk beter af was nie....... albei spanne het staatmakers verloor voor die game. |
|
| |
Chris Maritz
Posts : 313 Reputation : 8 Join date : 2009-10-06 Location : Port Elizabeth
| Subject: Re: currie cup Sun Oct 03, 2010 9:19 am | |
| Al 2 spanne het staatmakers verloor maar daar's nie vergelyking in die calibre van spelers wat uit die spanne is & die impak wat hulle in die spanne maak nie. Die WP het amper al hulle springbokke in gister se game gehad behalwe vir 3 of 4 van hulle. Gaan tel bietjie hoeveel bokke die Bulls nog vermis....
Currie Cup nog nie gewen nie so mens moet maar kyk wat gebeur jong. |
|
| |
Neville
Posts : 1457 Reputation : 1 Join date : 2010-01-17 Age : 77 Location : Krugersdorp
| Subject: Re: currie cup Sun Oct 03, 2010 9:35 am | |
| Jong ek dink n vroee voorspelling is Cheetas en Province vir die Finals |
|
| |
bobby
Posts : 1375 Reputation : 0 Join date : 2008-06-30 Age : 71 Location : Malmesbury Cape Town
| Subject: Re: currie cup Sun Oct 03, 2010 9:40 am | |
| Chris, die manne se name is net so goed soos hul laate resultate.... nou ja die huidige rekord spreek vanself, soos met visse .. quality on the day... glo ek aan die huidige vorm en nie geskiedkundige naam nie ......
Dus my stelling, is hulle dalk nie huidiglik beter af nie..... ons hoop en vertrou dat die ruskans die bokke se woema sal terug sit.
|
|
| |
Chris Maritz
Posts : 313 Reputation : 8 Join date : 2009-10-06 Location : Port Elizabeth
| Subject: Re: currie cup Sun Oct 03, 2010 9:46 am | |
| Nee oom Neville....
Bulle sal final maak....Ander spanne moet maar baklei om teen Bulle te speek in final. |
|
| |
Marius Bezuidenhout
Posts : 836 Reputation : 0 Join date : 2009-01-29 Age : 58 Location : Bloemfontein but mostly somewhere else
| Subject: Re: currie cup Sun Oct 03, 2010 9:51 am | |
| - Neville wrote:
- Jong ek dink n vroee voorspelling is Cheetas en Province vir die Finals
Nou praat jy my taal Neville. Die probleem is net dat die VS soos die petrol prys is. Die een week op en ander week af. Goed om darem te sien dat die oud VS afrigter dalk die springbokke gaan probeer help |
|
| |
frans
Posts : 192 Reputation : 0 Join date : 2010-05-25 Age : 54 Location : sundowner randburg gauteng
| Subject: Re: currie cup Sun Oct 03, 2010 9:57 am | |
| AI tog ek kan sien hierdie manne op die forum is koi kenners en weet niks van rugby af nie Chris het darem n idee |
|
| |
bobby
Posts : 1375 Reputation : 0 Join date : 2008-06-30 Age : 71 Location : Malmesbury Cape Town
| Subject: Re: currie cup Sun Oct 03, 2010 10:09 am | |
| Frans my saad kom affie berg af, alhoewl 'n afstand van ongeveer 6okm kan ek hom vanaf die huis sien, ongeag die sportsoort en A.B of C spanne ek sal maar die Weee Peee onvoorwaarlik ondersteun en die pak vat, soos ek se nogal geoefen in laasgenoemde. So wanneer die dice reg val is dit gewoonlik baie spesiaal. |
|
| |
Marius Bezuidenhout
Posts : 836 Reputation : 0 Join date : 2009-01-29 Age : 58 Location : Bloemfontein but mostly somewhere else
| Subject: Re: currie cup Sat Oct 09, 2010 7:40 am | |
| Wil graag hierdie met julle deel.......
RUSTENBURG. – Die Vrystaat-rugbyspan het gisteraand hier met ’n oortuigende sege van 78-7 oor die Luiperds in sy laaste groepwedstryd van 2010 tot sy sewende agtereenvolgende halfeindstryd van die Curriebeker-reeks deurgedring.
Die besoekers het in ’n Vrystaat-drieëfees nie minder nie as 12 keer gaan druk en met die bonuspunt-sege in die Royal Bafokeng-stadion voor vandag se wedstryde met 47 ligapunte tot die tweede plek op die puntelys opgeskuif.
Hiermee het die Cheetahs ook gewys dat die span wat hulle in die halfeindstryd gaan pak – die WP of die Blou Bulle – hom maar kan voorberei vir ’n klipharde stryd.
Die Cheetahs het reeds in die 18de minuut hul bonuspunt-drie deur die stut Coenie Oosthuizen behaal en die Luiperds geen kanse gegun om hul voete te vind nie.
Die besoekers het sommer in die eerste helfte sewe drieë gedruk toe die flank Hendro Scholtz in sy 100ste Curriebeker-wedstryd die laaste daarvan voor lemoentyd afgerond het.
Hoewel die Vrystaters beslis onder die voorste vier spanne gaan eindig, moet hulle wag om te sien waar en teen wie hulle in die uitkloprondes speel.
Die ondersteuners in oranje sal dan ook vandag hul gewig agter die Haaie ingooi, terwyl dit natuurlik ook nie sleg sal wees as die Griekwas in Kimberley die Blou Bulle kan afslag nie.
As die Haaie die Westelike Provinsie om 17:00 op Nuweland klop, sal dit aan hulle ’n tuis-halfeindstryd op Vodacompark verseker.
Die WP, met 44 ligapunte in die derde plek, speel egter met ’n rits uitgeruste Springbokke en ’n sege oor die Haaie, met 52 punte die voorlopers, sal genoeg wees om ’n halfeindstryd op Nuweland te verkry.
Dis veral die Streeptruie se agterlyn, met Bokke soos die vleuels Bryan Habana en Jean de Villiers, senters Jaque Fourie en Juan de Jongh, en skrumskakel Ricky Januarie, wat deur die Haaie in toom gehou sal moet word as die Cheetahs ’n tuis-halfeind wil hê.
In nog ’n belangrike kragmeting pak die Blou Bulle die Griekwas om 15:00 in Kimberley. Hoewel die Poubloues nie meer die uitkloprondes kan haal nie, kan hulle dit vir die Bulle, ook met ’n klomp Bokke terug, moeilik maak.
Die Bulle kan weliswaar vandag genoeg punte verdien om die WP verby te steek, wat kan meebring dat hulle die Cheetahs se teenstanders in die halfeindstryd gaan wees. Andersins eindig hulle laaste op die puntelys, en sal hulle die Haaie in die halfeindstryd moet pak.
Een speler wat vierkant tussen die Bulle en ’n sege staan, is die Griekwas-snelvleuel Bjorn Basson wat die Curriebeker-drieërekord teen sy toekomstige spanmaats sy eie wil maak.
Basson sluit hom ná die reeks by die Bulle aan en staan voor die kragmeting op 19 drieë, dieselfde as die rekord wat gedeel word deur Carel du Plessis en Colin Lloyd, in 2010 se reeks.
Nog een drie sal hom die alleenhouer van die rekord maak.
- Volksblad
|
|
| |
Neville
Posts : 1457 Reputation : 1 Join date : 2010-01-17 Age : 77 Location : Krugersdorp
| Subject: Re: currie cup Sat Oct 09, 2010 8:12 am | |
| Hi Marius Dis duidelik dat die Cheata's op pad is na die eindstryd. |
|
| |
Sponsored content
| Subject: Re: currie cup | |
| |
|
| |
|