Hi Frans, dis is hoe 'n shiro moet lyk op die ouderdom. Ek dink hy het baie potentiaal. Nie te veel Sumi op die stadium nie en dit lyk of die onderliggende sumi op die kop 'n goeie patroon gaan uitbring. Die Sumi wat reeds wys is van goeie gehalte wat 'n goeie teken is.
Shiro is maar altyd 'n risiko, amper soveel soos Showa, maar al die regte tekens is daar om 'n baie goeie vis uit te draai. Sterkte en hou ons op hoogte met sy ontwikkeling.