Hi Chris
Die ontwikkeling hang baie af van die bloedlyn op shiro utsuri. Dis altyd moeilik om klein SU te kies. Jy kan maar vergeet om teprobeer om die patroon tebepaal op die grote. Die swart skuif teveel rond maar dit hang ook maar af van bloedlyn na bloedlyn.
Die vis het van wat ek kan sien 'n baie sterk swart.
1. Swart pectorals
2. Swart Tail fin
3. Swart in the pelvic fins.
4. Baie swart op die kop.
So jy kan seker wees dat hy baie donker gaan word.
Die vis is ge PP Dip so dis moeilik om na die wit tekyk. Wat ek gelees het is dat jou toekomstige wit gesien kan word bo op die lyf net voordat mens by die stert fin kom. Daar is so spot waar jy die toekoms wit sien.
As ek 'n raai skoot moet neem sal ek se die swart op die kop gedeelte gaan bietjie terug trek en jy mag miskien meer wit daar sien. Terwyl ek dink die agterlyf tussen die stertfin en einde van die rug fin gaan heeltemal swart word.
Die vissie is nog baie klyn en mens kan nie regtig bodyshape bepaal nou nie. Hy lyk maar bra maer want sy kop lyk baie groter as sy lyf en as ek so kyk is hy bietjie kort maar soos ek se hy is nog teklein om 100% tekan se. Dit gebeur baie dat klein vissies so lyf kry as hulle in Sale Vats gehou word en nie baie swem nie en nie baie kos kry nie. Mens kyk na hoeveel keer die vissie se kop in sy eie lyf ingaan (mens sluit nie dit finne in nie). Dit moet so 5 keer wees.
Ek dink die is 'n mannetjie.
1. Die eerste photo se pectoral fins lyk baie pointy en oor die algemeen lyk die finne baie groot.
2. Die vissie se swart is meestal uit en daar is baie min sekondere swart teenoor die res van die swart. (Met kois is die mannetjies vroeg ryp en wys vroeg hulle helder kleure terwyl die wyfies meeste van die tyd maar vaal lyk op die ouderdom en kleiner pectorals het) Maar die bloedlyn get ook 'n impak. SU van Omosako wys meeste van die tyd 80% van hulle swart op die ouderdom...so dis maar raai raai.
Ek dink nie hierdie is of gaan 'n lelike vis wees nie hy gaan net 'n traditionele SU wees. Op die oomblik is die Kindai Shiro Utsuri baie populer.