Twee blondines staan in die stort.
Blondine nr. 1 : "Leen my jou sjampoe, asb".
Blondine nr. 2 : "Gebruik jou eie sjampoe".
Blondine nr. 1 : "Ek kannie -- op die houer staan "VIR DROËHARE" -- en my hare is nou sopnat! "
Twee blondines ry fiets.
Die een hou stil en begin die lug uit haar fiets se bande te laat. "Wat maak jy nou?"
"My saal is te hoog! "
Die ander blondine begin haar fiets se hanvatsels en saal om te ruil.
"En wat maak jy nou?"
"Jy's te onnosel -- ek het besluit om terug te ry huis toe! "
Twee blondines staar na die volmaan.
"Dink jy daar's lewe op die maan?" vra die een.
"Moet wees -- daar skyn dan 'n lig! "
'n Blondine wil haar ou kar verkoop, maar hy't reeds 250 000 km afgelê ..
Sy vra toe raad by 'n vriend.
"As jy bereid is om iets onwettigs te doen, weet ek van 'n ou wat jou kilometers sal terugdraai," stel die vriend voor. Die blondine volg die raad -- en laat die kilometers terugdraai na 50 000.
'n Week of wat later loop sy weer haar vriend raak.
"Het jy toe jou kar verkoop gekry?" vra die vriend.
"Is jy mal? Met net 50 000 km hou ek hom liewer self! "