FOKUS MENSE, FOKUS!
1. Doen so bietjie moeite met jou aankoop van jou vleis. 'n Braai is 'n
ernstige ding, benader dus jou aankope ook so. In die ou dae was jou slagter
amper familie. Jy het hom immers meer gesien as jou dokter. Deesdae is dinge
soveel makliker en onpersoonlik. Rakke het gesigte vervang met die gevolg
dat die jonger geslag onbekend geraak het oor wat nou eintlik goeie vleis
is. As 'n ding goed verpak is dan lyk hy mos gaaf genoeg om te braai. Kak
man! So, as jy nie vleis ken nie, vra jou slagter.
2. Daar is nie 'n ding soos 'n te warm vuur nie. Dikker snitte vir braai!
Dun steak is altyd taai en proe kak.
3. Steaks is medium-rare en miskien selfs medium. As jy van jou vleis
'well-done' hou - gebruik 'n blow torch en hou jou vleis van 'n braaier af.
Hardloop dan ook sommer in 'n muur vas. Herhaaldelik! Rare is net vir
persone wat die smaak van vleis opreg waardeer!
4. 'n Steak sonder vet is nie 'n steak nie.( Fillet het geen vet nie ).
Fillet is vir bejaarde mense. Tenderised steak hoort op die Kerkbasaar se
steakrolls. Nie op 'n vuur nie!
5. Wors moet nog kan buig as hy afgehaal word - dit moet nie breek nie. Wors
word ook nie vol gate gesteek nie, kry vir jou iets anders om te steek.
6. As jy nie kan braai nie, moenie! Jy fok net jou gaste rond.
7. Vleis word van die rooster of die plaat af opgeskep - nie uit 'n lou-oond
uit nie.
8. Uitpass voor die ete is uit soos bok… ! Dit is moerse ongeskik en 'n
aanduiding dat jy kak gewoontes het.
9. As jy self jou vleis wil braai want jy vertrou nie die braaier nie, of as
jy net doodeenvoudig vol kak is, praat voor die tyd of shut up!
10. As jy 'n ander persoon die braaireg by jou huis gee dan swaai hy die septer.
11. As jy met hout wil vuurmaak, koop ordentlike hout. Gebruik slegs as daar
genoeg vuuraanstekers is want om die ding aan die gang te kry kos hitte.
Baie hitte. Die rook van 'n sukkelende vuur is 'n steurnis. 'Smokey
Robinson' word nie hier geduld nie. As jy kan braai en nie 'n ordentlike
vuur kan maak nie, dan lieg jy.
12.. Komplimenteer die braaier as die vleis gaaf is. Indien nie, sĂȘ so! Hoe
de fok anders moet hy leer?
13. Een slaai by 'n braai is genoeg.
14. Hou jou stompies uit 'n braaivuur uit! Jou kak gewoonte hoort by jou huis!
15. Met rugby steek jy die vuur tydens halftyd aan.
16. Hoender eet jy met die hand. Tjops ook. Steak en wors, met 'n mes en vurk.
17. As jy jou pap saam met 'n braai met melk en suiker eet, is jy
wanaangepas en skreeu jy seker vir die Leeus. Vra almal by die braai om jou
teen jou kop te klap, maar dit sal seker ook nie eers help nie.
18. Politiek, godsdiens en baba praatjies is uit om 'n braaivleisvuur.
Rugby , jag, 4x4 bakkies en die buurvrou se tan-lyne is die norm. Visvang
stories word eers gepraat as almal gesuip is, want dan kan die wat nie
visvang nie saam kak praat.
19. Vleis moet gereeld omgedraai word, nie halfpad aan die eenkant gaar
gebrand word en dan omgedraai word nie. Draai kort kort jou vleis.
20. Vleisbraai is nie net 'n geleentheid om te staan en drink nie. Fok weet
hoekom nie, maar baie moeite word gedoen met die voorbereiding en die gaste
wil graag 'n lekker stukkie vleis geniet ..
21. ....... en so terloops, almal wat 8 uur die aand wil eet, moet eerder by
hulle eie huis fokken bly, daar is nie 'n tyd om te eet vir 'n braaivleis
nie, eet as die fokken vleis gaar is !