Hi Wayne
Neem net kennis dat die Clamp meter nie so akkuraat is wanneer jy die clamp gedeelte gebruik nie. Jou lesing is meer akkuraat indien jy die meter in serie koppel.
Die clamp meter is egter handig indien jy haastig is en die lewendige draad reeds apart is en wanneer jou toestel nie vanaf 'n muurprop hardloop nie.
Ek het beide, en wanneer ek meer akkurate lesings wil he en die toestel vanaf 'n muurprop hardloop, gebruik ek eerder die serie koppeling. Ek het 'n ou verlengkoord geneem, die lewendige draad geskei, wat dan in serie deur die multimeter hardloop as volg:
Baie belangrik, Amps toets jy in serie en Volts in parallel. Ek het my eerste meter opgeneuk deur die Amps te probeer toets in parallel.