Twee boeties, Gert en Koos het 'n sak vol lemoene by hulle huis gesteel
en het besluit om na die naaste begrafplaas te hardloop waar hulle dit
eweredig onder mekaar sou verdeel. Toe hulle by die groot staalhekke kom
om die begrafplaas binne te gaan, val twee lemoene uit die sak en word
net daar gelos.
'n Papdronk man oppad terug van die kroeg loop naas die begrafplaas
verby en hoor toe die volgende.: Een vir my en een vir jou, Een vir my
en een vir jou.
Hy skrik homself sommer dadelik nugter en hardloop so vinnig soos wat
sy voete hom kan dra na die naaste priester.
"Priester, kom saam met my om te getuig hoe God en Satan lyke uitdeel
in die begrafplaas.". Hulle altwee hardloop na die begrafplaas en die
stemme gaan voort. Een vir my en een vir jou, een vir my en een vir jou!
Skielik sĂȘ die een stem.: "Nou wat van die twee by die hek?".
Die priester was die een wat die vinnigste daar weg is!!!...