Jong Wayne ek het nognie tyd gehad om alles mooi deur te werk nie maar hoofsaaklik het die 550D Video HD funksies, 18.5mp en sy custom settings is baie uitgebrei. Hy gebruik ook die 7D se AF en daar is bietjie getweak aan die metering software sodat die funksie wat Nikon so rukkie terug ingesit het om beter lig balans veral oor groot landskappe te kry, ook nou in die Canon is.
Alles baie tegnies ... vir my is sy gewig reg om heeldag te kan dra as ek op die bike is en hy voel lekker in my hand.
Ek so so bietjie meer shots per sekonde wou sien maar dis nie te belangrik nie. As ek eendag serious wildlife wil doen sal ek een van die 1D's koop vir die vinnige spoed.
Vir nou is die een fine ... my 400D het amper 30,000 shots gedoen en het op my laaste Kaapse trippie tussen Drie Susters en Beaufort Wes sommer net gecrash. So ek het a paar stunning sunset shots gemis en toe verdwyn my vertroue in die kamera.
Hier is die laaste shot wat ek gekry het voor die kamera gehang het ...
EK het eers op Beaufort besef die ding het gecrash. Ek moes die battery uithaal om hom weer op te kry.