Vir die sand filter manne;
Die Pool Rite S-3000 & S-4000 sand filters in die prentjie hier bo werk baie lekker op koi damme. Die tiepe sand filter gebruik die interne druk om die sand filter se opening van binne af teseel....so daar is geen klampe of skroewe wat kan breek nie. Die klamp en skroef op die deksel gebruik mens glad nie want die druk van binne druk die deksel vas. En jy kan hom nie oop maak terwyl daar druk binne in is nie. (
Admin het so ongelukkie oorgekom so ruk gelede) Om hom oop temaak moet die druk binnein eers verlos word deur die pomp af tesit of die valve na waste toe te draai.
Waneer die druk verlos is val die deksel na binne en die dwars arm aan die bo kant keer dat hy inval...en as die krag af gegaan het is die filter automaties oop en nie onder druk nie...as die krag weer aan kom dan druk die water binne weer die deksel in die gat. Mens gebruik glad nie die skroef op die deksel nie.
Die model nommers is dieselfde by swembad en koi winkels maar die interne meganismis verskil.
In my eie opinie is dit 'n beter kopie as die Speck Koi sand filter en hulle is heelwat goedkoper. My S-3000 was R 999 so 3 jaar gelede. Mens kry hulle of in plastiek of veselglas.
Hier is my eie een.