The Koi Forum
Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.
The Koi Forum

The place where koi hobbyist's and dealers meet
 
HomeHome  PortalPortal  SearchSearch  Latest imagesLatest images  RegisterRegister  Log in  
Search
 
 

Display results as :
 
Rechercher Advanced Search
Keywords
face 2011 dealers bubble shape SPOTS foam dropsy western babies salt electricity food plants clinofish cape show plant Dimilin pond filter growth small pumps baytril Bead
Latest topics
» New member, hallo everyone
Ideale Sout %? EmptyWed Jun 15, 2022 8:35 am by avisagie

» Waterfall Quiet Air Pump LP-60
Ideale Sout %? EmptyThu Mar 24, 2022 10:34 am by Ronnie

» Super Acto Flo Moving Bed Bio Media
Ideale Sout %? EmptyThu Mar 24, 2022 10:28 am by Ronnie

» Concerns about koi pond lining
Ideale Sout %? EmptySun Oct 17, 2021 12:16 pm by radley

» Nuwe dam
Ideale Sout %? EmptySat Mar 21, 2020 7:22 am by Bertus

» Help! What do o do with fry??
Ideale Sout %? EmptySat Jun 01, 2019 2:34 am by Zombolina

» A magical Japanese garden
Ideale Sout %? EmptyFri May 24, 2019 1:45 pm by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 The vats part 2
Ideale Sout %? EmptySun Nov 25, 2018 12:52 pm by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 the vats part 1
Ideale Sout %? EmptySun Nov 25, 2018 11:58 am by atb tv

May 2024
MonTueWedThuFriSatSun
  12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  
CalendarCalendar
Affiliates
free forum


Share
 

 Ideale Sout %?

View previous topic View next topic Go down 
AuthorMessage
Deon



Posts : 53
Reputation : 0
Join date : 2007-10-09
Location : Kempton Park, Johannesburg

Ideale Sout %? Empty
PostSubject: Ideale Sout %?   Ideale Sout %? EmptySat Dec 29, 2007 7:59 am

Goeie môre en dankie solank vir julle replies.

Ek wil net graag by al die kundiges hoor wat die ideale sout-persentasie is. (Ek besef daar is mense wat nié van sout in hulle dam hou nie, maar ek het reeds sout in en gaan daarby bly.)

Ek het 'n soutmeter en sal net wil weet wat die aanbevole sout-persentasie is.

Dankie solank!
Deon
Back to top Go down
http://www.sincro.co.za
Guest
Guest



Ideale Sout %? Empty
PostSubject: Re: Ideale Sout %?   Ideale Sout %? EmptySat Dec 29, 2007 10:18 am

Deon,

Dit is beter om geen sout in jou dam water te he nie!
Baie mense hou hulle water op 0,1%, maar ek is seker dat parasiete 'n weerstand teen sout sal ontwikkel in so geval.

Om dit nitrite" spike" in 'n nuwe dam te help beheer is 0,3% genoeg en dit moet daar gehou word totdat die nitrite lesing aanvaarbaar is.
Onthou dat sout net deur middel van water verandering uit die water gehaal kan word.

Indien nuwe vis aangekoop word, gooi ek gewoonlik sout in my kwarintyn dam 'n dag voordat die vis aankom. Ek begin met 0,3% en stoot dit stadig op na 0,6% vir 7 dae.

affraid MOET NOOIT SOUT SAAM MET FORMILIN OF ZEOLITE GEBRUIK NIE Exclamation

Sout kan ook aangemaak word met water sodat dit 'n pasta gevorm word.
Dit kan dan met 'n klein kwassie op 'n klein seer of kneus plek aangewend word. Herhaal behandeling elke 3 dae, nie langer as 4 maal nie. Dit verig wonders.

Pieter
http://southafricankoi.11.forumer.com
Back to top Go down
Admin
Admin
Admin

Posts : 2330
Reputation : 46
Join date : 2007-07-25
Age : 62
Location : Cape Town

Ideale Sout %? Empty
PostSubject: Re: Ideale Sout %?   Ideale Sout %? EmptyWed Jan 02, 2008 10:57 am

Ek stem saam dat parasiete 'n weerstand teen sout kan opbou, en wanneer jy wel 'n probleem ontwikkel met 'n parasiet uitbarsting, is 'n sout behandeling nie so effektief nie soos wat dit sou wees indien daar geen sout in die water was nie. Dit maak dit ook moeilik om te behandel met sekere medisyne indien nodig.

Dus gebruik ek sout net in die volgende gevalle:

* Wanneer ek nuwe vis in 'n kwarantyn fasiliteit plaas. Die Japanese gebruik 0.5%, so ek doen dieselfde.

* Wanneer ek enige onraad vermoed soos visse wat skuur of "flash"

* Wanneer ek enige vis sien hang of homself afsonder.

* Wanneer daar per abuis van die vuil filter water in die pond beland.

* Wanneer ek nuwe vis vanaf my kwarantyn fasiliteit oorplaas na die pond.

* Wanneer ek behandel vir 'n parasiet nadat ek 'n positiewe diagnose gemaak het met 'n mikroskoop. (0.5%) in ernstige gevalle en (0.3%) in minder ernstige gevalle, tensy ek Malachite Green of Formalien of Zeolite gaan gebruik in my behandeling.

* Sodra dit warmer raak aan die begin van elke somer, vir 'n tydperk van twee maande(0.3 %) en daarna laat ek dit stelselmatig verminder met my normale weeklikse water veranderings. Dit veroorsaak 'n ekstra slym laag wat die vis beskerm teen parasiete en bakteriele infeksies gedurende die tydperk waar siektes maklik voorkom. Nitriete is ook geneig om die oorhand te kry tydens die periode weens die feit dat Nitrobacter stadig groei en nog nie op dreef is op 'n tydstip waar die visse reeds baie eet en ammonia veroorsaak wat omgeskakel word in Nitriete.

* Wanneer ek merk dat die Nitriete ietwat hoog is om een of ander rede. Die sout negativeer die nadelige effek van Nitriete op die vis as dit kom by die vis se vermoe om suurstof uit die water te haal.

* Na spawning.

* Nuwe ponds.

* Wanneer ek gelol het met my plante, soos om hulle te skei of te verminder, en al die "junk" word vrygestel in die water as gevolg daarvan.

* Wanneer visse fisiese beserings opgedoen het, want sout is 'n antiseptiese middel en dit voorkom dat parasiete die lae immuniteit van die vis weens die besering uitbuit.

* Wanneer my water baie groen is. Dit beheer die alge in 'n mate en verhoed dat die alge al die suurstof gebruik.
Back to top Go down
http://www.koionline.co.za
Phillip



Posts : 26
Reputation : 0
Join date : 2007-07-27

Ideale Sout %? Empty
PostSubject: Sout en waterplante   Ideale Sout %? EmptyThu Jan 03, 2008 11:42 am

Benadeel sulke lae persentasie sout waterplante?
Back to top Go down
Admin
Admin
Admin

Posts : 2330
Reputation : 46
Join date : 2007-07-25
Age : 62
Location : Cape Town

Ideale Sout %? Empty
PostSubject: Re: Ideale Sout %?   Ideale Sout %? EmptyThu Jan 03, 2008 1:23 pm

Indien daar plante in die water is behoort die sout konsentrasie nie meer as 0.1% te wees nie alhoewel die water Iris en water lelie heel gelukkig is met 'n konsentrasie van tot 0.3%

Die Iris en Lelie vrek teen 0.5%
Die Hiasinte en water lettuce vrek teen 0.1%
Die Papyris vrek teen 0.4%
Back to top Go down
http://www.koionline.co.za
Sponsored content




Ideale Sout %? Empty
PostSubject: Re: Ideale Sout %?   Ideale Sout %? Empty

Back to top Go down
 

Ideale Sout %?

View previous topic View next topic Back to top 
Page 1 of 1

 Similar topics

-
» Sout vir my Koi's
» Om te sout of nie?
» Are they sick?

Permissions in this forum:You cannot reply to topics in this forum
The Koi Forum :: Filtration :: All your questions about filtration answered-