The Koi Forum
Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.
The Koi Forum

The place where koi hobbyist's and dealers meet
 
HomeHome  PortalPortal  SearchSearch  Latest imagesLatest images  RegisterRegister  Log in  
Search
 
 

Display results as :
 
Rechercher Advanced Search
Keywords
2011 food western cape filter plant show Bead skin dealers salt SPOTS bubble foam babies electricity face dropsy baytril growth pumps Dimilin pond white shape plants
Latest topics
» New member, hallo everyone
Om te sout of nie? EmptyWed Jun 15, 2022 8:35 am by avisagie

» Waterfall Quiet Air Pump LP-60
Om te sout of nie? EmptyThu Mar 24, 2022 10:34 am by Ronnie

» Super Acto Flo Moving Bed Bio Media
Om te sout of nie? EmptyThu Mar 24, 2022 10:28 am by Ronnie

» Concerns about koi pond lining
Om te sout of nie? EmptySun Oct 17, 2021 12:16 pm by radley

» Nuwe dam
Om te sout of nie? EmptySat Mar 21, 2020 7:22 am by Bertus

» Help! What do o do with fry??
Om te sout of nie? EmptySat Jun 01, 2019 2:34 am by Zombolina

» A magical Japanese garden
Om te sout of nie? EmptyFri May 24, 2019 1:45 pm by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 The vats part 2
Om te sout of nie? EmptySun Nov 25, 2018 12:52 pm by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 the vats part 1
Om te sout of nie? EmptySun Nov 25, 2018 11:58 am by atb tv

March 2024
MonTueWedThuFriSatSun
    123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031
CalendarCalendar
Affiliates
free forum


Share
 

 Om te sout of nie?

View previous topic View next topic Go down 
AuthorMessage
Deon



Posts : 53
Reputation : 0
Join date : 2007-10-09
Location : Kempton Park, Johannesburg

Om te sout of nie? Empty
PostSubject: Om te sout of nie?   Om te sout of nie? EmptyTue Oct 09, 2007 2:40 pm

Hierdie is my eerste besoek aan hierdie uitstekende forum.

My sement Koi-dam is klaar en ek het die pomp Maandagoggend aangeskakel. "Bottom-drain", UV-li, sand- en biofilter; dam is ±18000L groot.

Nou is my vraag; die plek waarby ek die medium vir die biofilter gekoop het, het ook aan my 50kg sout verkoop wat ek moes ingooi. Ek het egter op verskeie forums gelees dat sout uitsluitlik vir die behandeling van visse is en nooit sommer maar net ingegooi moet word.

Hierdie is 'n uitmuntende artikel oor sout:
http://www.koivetforums.com/forums/showthread.php?t=23140

Lees asseblief en laat weet wat julle dink. Ek het nog nie 'n korreltjie sout ingegooi nie. Al wat ek ingegooi het was die poeier om die bio-filter mee te start asook die poeier om te ont-chloor.

Ek het geen ervaring oor Kois nie en wil nie iewers in my onkunde ook nog dom dinge doen nie.

Ek sal julle raad regtig baie waardeer.

Baie dankie,
Deon
Back to top Go down
http://www.sincro.co.za
Guest
Guest



Om te sout of nie? Empty
PostSubject: Re: Om te sout of nie?   Om te sout of nie? EmptyTue Oct 09, 2007 4:49 pm

Deon,

Voordat ek iets oor die sout wil se moet ek jou egter waarsku om jou pH van die dam te toets voordat jy enige vis in die dam sit.
Oor die algemeen sal die pH van 'n nuwe sement dam te hoog wees vir Koi en jy kan al jou Koi verloor.

Sout!!! Ja, dit is nou een van die daardie onderwerpe wat ouens al vuis laat slaan het..................dis nou die geveg tussen teen en vir kampe.
My eerlike opinie is dat sout liewer goed as sleg beskou moet word.
Dit is ook die goedkoopste manier om Koi te behandel en dit help ook teen die meeste soorte parasiete wat by Koi aangetref word.
Gewoonlik by 'n nuwe dam styg die ammonia te vinnig as gevolg van die vis en kos lading wat op die filter geplaas word omdat dit filter nog nuut is.
Sodra die filter begin werk styg die nitriet (nitrite) lesing van die water, dit veroorsaak dat die Koi begin "flash" en spring.
Die sout het om die irritassie wat die Koi met "nitrite" ondervind te verlig.
3kg/1000lt water. kan dan by die dam water gevoeg word.

Sout help ook vir "stress" by Koi, vir parasiete kan die sout gehalte ook opgestoot word na 6 tot 8kg per 1000lt water.
Dit help ook teen funges en stimuleer ook die " mucus" produksie en teen klein skrapies en kneus plekke.

Die beste is om jou water elke dag gedurende die eerste 3 maande van jou nuwe dam te toets " test kids" is by enige Koi handelaar beskikbaar.
Elektronise ph en sout meters is ook 'n goeie belegging.

Volg gerus die volgende waardes:
Ammonia max. 0,02mg/lt
Nitrite max 0,2mg/lt
Nitrate max 50mg
pH 6,5 - 8,0

Baie mense hou hulle sout vlak van hulle Koi dam op 1kg/1000lt.

MOET NET NOOIT SOUT SAAM MET " FORMALIN" OF " ZEOLITE" GEBRUIK NIE.

Sout kan ook net deur middel van water verandering verminder word.

Indien jy van 'n Sandfilter gebruik maak is dit raadsaam om jou sand tenminste elke eenmaal 'n maand te "draai"
'n Sandfilter kan in 'n tydbom verander indien dit nie " skoon" gehou word nie!
Sterkte!!

Pieter
South African Koi Industry Forum
http://southafricankoi.11.forumer.com
Back to top Go down
Deon



Posts : 53
Reputation : 0
Join date : 2007-10-09
Location : Kempton Park, Johannesburg

Om te sout of nie? Empty
PostSubject: Re: Om te sout of nie?   Om te sout of nie? EmptyTue Oct 09, 2007 8:16 pm

Pieter, baie dankie vir jou baie deeglike reply.

Net vir jou mening, die volgende lesings:
pH: 8.5
Ammonia: 0.1
Nitrite: 0.1-0 (Volgens die kleurkaart enigiets tussen dié 2)
Nitrate: 0

My dam loop nou al amper 48 uur. Ek het vandag 3 goudvisse in gesit om te help met die aan-die-gang-kry van die bio-filter. Ek het gedink om eers oor so 2 weke my eerste Kois in te sit sodat ek min of meer seker kan wees die bio-filter het al begin werk.

Ek woon in Kempton Park aan die Oos-Rand. Waar kan ek 'n goeie pH en Sout toets-apparaat koop. Ek gebruik op die oomblik 'n "Pond Master Test" kit van Interpets.

Ek het soveel spandeer aan die dam en wil nie droogmaak met die water nie.

Pieter, ek ag jou mening baie hoog en waardeer jou hulp.

Groetnis,
Deon
Back to top Go down
http://www.sincro.co.za
Carel



Posts : 20
Reputation : 0
Join date : 2007-07-30
Location : Vishoek

Om te sout of nie? Empty
PostSubject: Salt in water   Om te sout of nie? EmptyWed Oct 10, 2007 10:09 am

Hi
I also strongly support adding salt to water. I can't remember where of when I read this, but someone also suggested adding salt to your sand filter.

Have done this yet, so I cannot comment this. Perhaps someone on the forum can shed some light on this...

Just beware of adding too much salt to your pond if you have plants in the pond. Plants don't like too much salt and will die.

Have fun with your pond and enjoy selecting your collection. This is one hobby that is truely satisfactorily.

Carel
Back to top Go down
Admin
Admin
Admin

Posts : 2330
Reputation : 46
Join date : 2007-07-25
Age : 61
Location : Cape Town

Om te sout of nie? Empty
PostSubject: Re: Om te sout of nie?   Om te sout of nie? EmptyWed Oct 10, 2007 10:38 am

Hi Deon

Ek stem in hoofsaak saam met Pieter. Jou dam het op hierdie stadium baie min bakterië (Nitrosomonas en Nitrobacter) om die Ammonia en Nitriete uit te sorteer en jy is vatbaar vir "new pond syndrome" . Jy moet veral die eerste paar maande jou Ammonia en Nitriete fyn dophou, want dit kan oornag die hoogte inskiet.

Juis daarom is dit belangrik om 'n nuwe dam te begin met baie sout. (ten minste 3 kg / 1000 liters). Dit voorkom veral die nadelige effek van 'n moontlike Nitriet vergiftiging. Nitriete affekteer die vermoë van die koi om suurstof in te neem. Die sout negativeer weer hierdie nadelige effek tot 'n groot mate.

Omdat jou visse in 'n nuwe omgewing sal wees, sal hulle gespanne wees wat hulle meer vatbaar maak vir parasiete. Indien daar baie sout in die water is, vorm die Koi 'n mucus laag wat dit baie moeliker maak vir die parasiete om 'n vastrapplek te kry, en voorkom ook 'n bakteriële uitbreek tot 'n mate, as gevolg van die mucus laag.

Sout maak ook ongeveer 80% van alle parasite dood en costia of whitespot en 'n paar ander sal nie sommer uitbreek terwyl jou sout konsentrasie hoog is nie en voorkom fungus tot 'n mate, en verlaag spanning.

Prevention is better than cure.

Indien jy enige probleme bespeur, verhoog die sout tot 5 kg / 1000 liter.

Na 'n paar maande kan jy stelselmatig wegdoen met die sout, en slegs gebruik elke keer wanneer daar 'n moontlike probleem is.

Indien jy permanent sout gebruik, kan sekere parasiete 'n umminiteit opbou teen die sout, en dan verloor jy die voordeel om parasiete uit te sorteer met sout wanneer daar wel 'n probleem is.

Ek gebruik sout slegs in nuwe damme, wanneer ek visse byvoeg of rondskuif, aan die begin van die somer en wanneer daar moontlik 'n probleem is, soos byvoorbeeld wanneer 'n vis "flash".

Ander nadele:

Jou plante floreer nie en kan selfs vrek.
Jy kan nie jou "backwash" water in die tuin gebruik nie.
Dit verhoed jou om sekere medikasie te gebruik soos Malachite Green of Formalien


Ander voordele:

Antiseptiese middel indien 'n vis 'n oop wond het;
Dit voorkom 'n alge probleem tot 'n mate.
Baie goedkoop, veilige en meer natuurlike behandeling teen siekte.


Sterkte met die nuwe dam.


Last edited by Admin on Thu Jun 05, 2008 10:26 am; edited 6 times in total
Back to top Go down
http://www.koionline.co.za
Guest
Guest



Om te sout of nie? Empty
PostSubject: Re: Om te sout of nie?   Om te sout of nie? EmptyWed Oct 10, 2007 10:39 am

Deon,

Jou lesing lyk goed, die ph is 'n biedjie hoog. Jammer jy het reeds Goud vis ingesit ( Rolling Eyes , hell, Goudvis saam met Koi......bring net probleme)
As jy jou water so lank gaan laat loop kan jy Swembadsuur in die water gooi (Ek moes 30lt in my 55 000lt dam gooi, en die Ph was eers na 'n maand en baie "water changes" op 7,5............ok, my pH was aan die begin 10,5)
Ek bly op die Wesrand, maar kan 'n plan maak om by jou te draai as jy wil.

Carel,
Yes, you may use some salt in the sandfilter, when cleaning it.
When turning the sand ( once a month ) it is good to ad 500g of salt to the sand after you opened the filter. Then stir (turn) by hand that the salt mixes with the sand, leave the filter for about 2 hours and then backwash the filter.

Daar is meer inligting hier oor op die S A Koi Industry Forum.

Pieter
http://southafricankoi.11.forumer.com
Back to top Go down
Deon



Posts : 53
Reputation : 0
Join date : 2007-10-09
Location : Kempton Park, Johannesburg

Om te sout of nie? Empty
PostSubject: Re: Om te sout of nie?   Om te sout of nie? EmptyWed Oct 10, 2007 12:19 pm

Wow, maar ek hou van hierdie forum.

Ek het al so baie geleer vandat ek hierdie forum gister ontdek het.

Baie, baie dankie vir al die raad.
Ek het gister, sommer uit die bloute, skuim op die water begin kry; nogal baie dik, amper 5mm.

Pieter, ek gaan darem die goudvisse uithaal voor ek die Koi insit. Ek het gedink die goudvisse kan dalk help om die bio-filter te help start.

Waar kan ek sout- en pH toetsstelle koop?

Dankie vir almal se hulp en raad - ek neem alles terdeë op en leer BAIE!!! Laughing

Lekker Koi!
Deon
Back to top Go down
http://www.sincro.co.za
Carel



Posts : 20
Reputation : 0
Join date : 2007-07-30
Location : Vishoek

Om te sout of nie? Empty
PostSubject: Skuim op water   Om te sout of nie? EmptyWed Oct 10, 2007 12:28 pm

Deon wrote:

Ek het gister, sommer uit die bloute, skuim op die water begin kry; nogal baie dik, amper 5mm.

Deon, as jy nou reeds Koi in die dam het en dan so veel skuim kry, sou my eerste vraag wees - ruik dit ook snaaks? Want dan sou jy dalk binnekort Pappa geword het.

Sien http://www.koionline.co.za/breeding.htm
Spawning
You will immediately know your Koi have spawned when there is a lot of bubbles or foam on the water surface and a strong smell of ammonia. It is important to be aware of these indicators as, after spawning has taken place, a high level of ammonia will be present in the water and you will need to test it to ascertain whether the level is acceptable. If it is too high and it is not corrected, one can end up with fatalities. (The simplest way in which to correct the ammonia level is a water change, but be careful when doing so or you could have fatalities.)



lol!

Maar die skuim kan moontlik dui op protein in die water. Die kenners sal beter weet as ek, maar dis wat ek vermoed.
Back to top Go down
Deon



Posts : 53
Reputation : 0
Join date : 2007-10-09
Location : Kempton Park, Johannesburg

Om te sout of nie? Empty
PostSubject: Re: Om te sout of nie?   Om te sout of nie? EmptyWed Oct 10, 2007 1:08 pm

Carel,
you almost had me for a moment! jocolor

No koi at the moment, only 3 gold fish. No strange smell from the pond.

Deon
Back to top Go down
http://www.sincro.co.za
Admin
Admin
Admin

Posts : 2330
Reputation : 46
Join date : 2007-07-25
Age : 61
Location : Cape Town

Om te sout of nie? Empty
PostSubject: Re: Om te sout of nie?   Om te sout of nie? EmptyWed Oct 10, 2007 1:47 pm

Met verwysing na die opmerking van Carel, jy sal verbaas wees om te weet hoeveel mense kla oor skuim en dan blyk dit dat die visse gespawn het.

In jou geval beslis nie. Die skuim is egter glad nie nadelig vir die welstand van die visse nie en jy behoort jou nie te veel daaroor te bekommer nie.

Jou protein vlakke is waarskynlik 'n bietjie hoog en daar is te veel organiese materiaal wat nog nie afgebreek is nie. Dis is waarskynlik omdat jou pond nog nie gevestig is nie, en daar te min bakterië teenwoordig is om die organiese materiaal te verwerk.

'n Gedeeltelike water verandering behoort die probleem op te los, maar geduld behoort ook die probleem op te los.

Jy kan 'n protëin skimmer installeer wat die skuim sal beheer, maar wat my aanbetref is dit 'n onnodige uitgawe.

Ek neem aan jy het 'n "surface skimmer" om die oppervlak te "skim" Partykeer help dit om bloot die vlak van die water ietwat te verlaag sodat die skuim meer effektief opgeslurp word deur die skimmer totdat jou pond in balans is.

Die skuim is maar deel van die natuur se manier om 'n balans te vestig in 'n nuwe dam.

Dit kan ook veroorsaak word deur te veel kos. Miskien kan jou goudvisse nie byhou by die hoeveelheid kos wat jy gee nie, en dit sal ook die protein vlakke opstoot.

Soms help dit om bloot die tipe kos te verander.
Back to top Go down
http://www.koionline.co.za
Deon



Posts : 53
Reputation : 0
Join date : 2007-10-09
Location : Kempton Park, Johannesburg

Om te sout of nie? Empty
PostSubject: Re: Om te sout of nie?   Om te sout of nie? EmptyThu Oct 11, 2007 8:48 am

Paul,
baie dankie vir jou hulp en raad. Laughing

Die skuim is nou skielik weg. Ek het eergister water uitgetap omdat ek 'n venturi op my boonste in-let moes koppel. Ek het toe "nuwe" water getap, die poeier ingegooi om die chloor uit te haal, 25kg sout en binne 'n halfuur was so te sê 99% van die skuim weg.

Baie dankie vir almal se hulp en raad.

Deon
Back to top Go down
http://www.sincro.co.za
Annette



Posts : 18
Reputation : 3
Join date : 2007-07-29
Location : Vredenburg

Om te sout of nie? Empty
PostSubject: Re: Om te sout of nie?   Om te sout of nie? EmptyThu Oct 11, 2007 11:27 am

Deon wrote:
Paul,
baie dankie vir jou hulp en raad.

Baie dankie vir almal se hulp en raad.

Deon

Hallo Deon
Ek het ook gevind dat die slim mense op hierdie forum graag help. En ek gee nie om as dit 'n "dom" vraag is nie - almal deel raad en kennis uit.
Dis mos nou baie lekker.
Annette
Back to top Go down
Helene



Posts : 3
Reputation : 0
Join date : 2009-11-25

Om te sout of nie? Empty
PostSubject: Re: Om te sout of nie?   Om te sout of nie? EmptyWed Nov 25, 2009 8:59 pm

Hi daar,
Dankie vir die tonne goeie inligting op jul forum. Ek het vandag aangesluit.

Eerstens- Ek sien nou in een van bogenoemde antwoorde dis nie 'n goeie idee om goudvisse saam met Koi aan te hou nie- my koidam het 'n fan-tail, paar goudvisse en tot 'n paar kurperjies in wat my seun in die rivier gevang het. Moet ek hulle probeer uitvang en van hulle ontslae raak?? Wat is die probleem met die goudvisse?

Tweedens moes ek vandag my visse behandel vir oop sere wat ek gister gesien het. Toe het ek op iemand (van 'n Koiwinkel) se aanbeveling nou 1,5 bottels Malachite green saam met 40 kg sout in my dam gegooi. Die dam bevat 15000 liter water. Nou lees ek mens moet nooit Malachite Green saam met baie sout gebruik nie!! Ek sal in die toekoms sorg dat ek eers op die forum raad vra voor ek nuwe dinge met my kois aanvang!
Helene
Back to top Go down
Guest
Guest



Om te sout of nie? Empty
PostSubject: Re: Om te sout of nie?   Om te sout of nie? EmptyThu Nov 26, 2009 9:23 am

Helene,

Eerstens is ek ook nie 'n voorstander, om ander vis met my Koi te meng nie, alhoewel ek Gras Karp in een van my damme het.

Tweedens, MG kan saam met sout gebruik word. Maar in hierdie geval moet die oorsaak van die sere (Ulcers) op jou vis eers vasgestel word.
Die beste is om 'n skraap van, van die visse te neem, en onder 'n mikroskoop vastestel of daar parasiete teenwoordig is.
Ulcers word deur drie goed veroorsaak, 'n sekondere toestand na die aanval deur parasiete of deur 'n bakteriese infeksie, of wat deur 'n virus soos bv.FLAVOBACTERIUM COLUMNARE of ook bekend as FLEXBACTOR COLOMNARIS, veroorsaak word. Hierdie is 'n Gram-negatiewe virus, en kan deur 'n veeaarts vasgestel word.
Die bakteriese toestand word dikwels deur AEROMONAS SALMONICIDA veroorsaak.

MG word teen 1g per 10 000lt toegedien water. (15 000 = 1,5g)
Sout teem 3kg/1000 lt water ( 15 00lt = 45kg sout)

Vir verdere inligting besoek:

http://southafricankoi.11.forumer.com/viewforum.php?f=17&sid=1767dd3117f4d925603b8e12d4e6762e
Back to top Go down
Admin
Admin
Admin

Posts : 2330
Reputation : 46
Join date : 2007-07-25
Age : 61
Location : Cape Town

Om te sout of nie? Empty
PostSubject: Re: Om te sout of nie?   Om te sout of nie? EmptyThu Nov 26, 2009 2:43 pm

Hi Helene

Een van die hoof redes waarom ek nie goudvis in my dam sit nie, is omdat ek dan beperk is met medikasie vir die koi indien daar probleme ontstaan.

Jy kan byvoorbeeld glad nie Supaverm of Seponver Plus gebruik in 'n dam waar daar goudvisse is nie. Indien jy byvoorbeeld fluke in jou dam het, sou dit die aanbevole behandeling wees, maar nou moet jy na ander opsies kyk.

Indien jy FMC (Malachite green en Fomalien) moet gebruik vir jou koi, moet jy ook 'n halwe dosis gebruik, bloot omdat daar goudvisse in die dam is. 'n Halwe dosis kan dalk nie werk vir die koi nie.

Jy het duidelik 'n bakteriele infeksie, maar die kans dat dit veroorsaak is deur parasiete is baie goed. Daarom het ek voorgestel dat iemand 'n skraap neem, en gelukkig het Chris Neaves aangebied om na jou dam te kom kyk.

Hanteer eers die primere oorsaak van jou probleem, en dan spreek jy die sekondere probleem aan.

Hou ons asb op hoogte van sake.
Back to top Go down
http://www.koionline.co.za
Sponsored content




Om te sout of nie? Empty
PostSubject: Re: Om te sout of nie?   Om te sout of nie? Empty

Back to top Go down
 

Om te sout of nie?

View previous topic View next topic Back to top 
Page 1 of 1

 Similar topics

-
» Sout vir my Koi's
» Are they sick?
» Ideale Sout %?

Permissions in this forum:You cannot reply to topics in this forum
The Koi Forum :: Koi health and diseases :: FAQ-