Ek het die volgende E Pos ontvang. Wat se die kenners?
Haai Paul,
Ek het 'n koi dam, 7m x 4m x 1.7m. Geen spesiale filter sisteem nie, net 'n gewone swembad filter met fontein vir suurstof.
Op die stadium is daar so +-20 koi, ek het hulle so jaar en half gelede gekoop as vingerlinge, hulle nou so +-25-30cm lank en lyk heel gelukkig.
Ek wil graag ander visse ook in die dam gooi om al;GE te beheer, maar nie seker watter soort nie. Gedink aan tilapia maar dink hulle is karnivories en vreet dalk my koi. Wat van Gras karp of bass of barber?
Kan jy help met idees?
groete
Ek het Tilapia saam met my koi gehad vir jare en hulle het gelukkig saam gelewe alhoewel hulle die babies opgevreet het. Van die ander opsies dra ek nie kennis.
Jaco? Colyn? Marius? Collin? (plaasjapies)