The Koi Forum
Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.
The Koi Forum

The place where koi hobbyist's and dealers meet
 
HomeHome  PortalPortal  SearchSearch  Latest imagesLatest images  RegisterRegister  Log in  
Search
 
 

Display results as :
 
Rechercher Advanced Search
Keywords
clinofish dealers shape bubble Dimilin show babies baytril plants filter pumps Bead pond small SPOTS plant dropsy western electricity 2011 food growth salt foam cape face
Latest topics
» New member, hallo everyone
Sa se Drinkwater EmptyWed Jun 15, 2022 8:35 am by avisagie

» Waterfall Quiet Air Pump LP-60
Sa se Drinkwater EmptyThu Mar 24, 2022 10:34 am by Ronnie

» Super Acto Flo Moving Bed Bio Media
Sa se Drinkwater EmptyThu Mar 24, 2022 10:28 am by Ronnie

» Concerns about koi pond lining
Sa se Drinkwater EmptySun Oct 17, 2021 12:16 pm by radley

» Nuwe dam
Sa se Drinkwater EmptySat Mar 21, 2020 7:22 am by Bertus

» Help! What do o do with fry??
Sa se Drinkwater EmptySat Jun 01, 2019 2:34 am by Zombolina

» A magical Japanese garden
Sa se Drinkwater EmptyFri May 24, 2019 1:45 pm by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 The vats part 2
Sa se Drinkwater EmptySun Nov 25, 2018 12:52 pm by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 the vats part 1
Sa se Drinkwater EmptySun Nov 25, 2018 11:58 am by atb tv

April 2024
MonTueWedThuFriSatSun
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
2930     
CalendarCalendar
Affiliates
free forum


Share
 

 Sa se Drinkwater

View previous topic View next topic Go down 
AuthorMessage
Marius Bezuidenhout

Marius Bezuidenhout

Posts : 836
Reputation : 0
Join date : 2009-01-29
Age : 57
Location : Bloemfontein but mostly somewhere else

Sa se Drinkwater Empty
PostSubject: Sa se Drinkwater   Sa se Drinkwater EmptyThu May 14, 2009 7:44 am

Het die volgende in vannoggend se Beeld gelees:


Water net in 8% van rade veilig vir drink
May 13 2009 08:29:35:070PM - (SA)

Elise Tempelhoff


In net 22 van die land se 284 plaaslike owerhede kan die inwoners met vrymoedigheid kraanwater drink.

Me. Buyelwa Sonjica, nuwe minister van waterwese en omgewingsake, het dié 22 eergisteraand in Port Elizabeth met ’n “blou druppel” vereer vir hul watergehalte, bestuur van drinkwater en die instandhouding van aanlegte.
Mnr. Leonardo Manus, hoof van drinkwatergehalte in die departement van waterwese en omgewingsake wat die verslag The Blue Drop Report 2009 bekendgestel het, het gister gesê die regering sal “ferm” optree teen plaaslike owerhede en waterrade wat nie aan die drinkwaterstandaarde voldoen nie.
“Strafregtelike vervolging is nie uitgesluit nie,” het hy gesê.
Die Wes-Kaap en Gauteng spog met die meeste plaaslike owerhede wat bloudruppelstatus gekry het.

Manus het bygevoeg die plaaslike owerhede wat nie ’n blou druppel, of 95%, vir hul drinkwatergehalte kon kry nie, sal fyn dopgehou word.
“Die owerhede wat 95% gekry het, het uitstekend gevaar. Dié wat ’n bie?tjie swakker gevaar het, het nie noodwendig misluk wat watergehalte betref nie omdat die regering die plaaslike owerhede en diensterade se prestasies teen verskeie kriteria gemeet het.”
Die nasionale gemiddelde is 93,3%. Dié gemiddelde is verkry nadat 3 000 watermonsters oor etlike maande op verskeie plekke in die land geneem is. Ander faktore, soos bekendmaking van inligting en die instandhouding van infrastruktuur, is ook in berekening gebring.

Volgens Manus is die teiken 97% en is daar by veral plaaslike owerhede in Limpopo en Mpumalanga groot uitdagings om dié mikpunt te bereik.
Manus het gesê dit beteken die kraanwater in Suid-Afrika is steeds veilig, hoewel sommige plaaslike owerhede, soos dié van Ventersdorp, Noordwes, 0% gekry het en Memel, Warden en Vrede in die Vrystaat net 18,5%.
Hy het beklemtoon sommige plaaslike owerhede het so swak gevaar omdat hulle nie inligting bekend gemaak het nie, hul monitering swak was of hul infrastruktuur nie behoorlik in stand gehou word nie.

“Dit beteken nie noodwendig hul kraanwater is onveilig nie.”
Luidens die verslag was dit noodsaaklik om regulasies en vereistes vir Suid-Afrika se drinkwater op te stel sodat die burgerlike gemeenskap se vertroue in die land se kraanwater herstel kon word. Die vertroue is geskaad weens die uitbreking van cholera vroeër vanjaar en verlede jaar en die media wat “intensief” berig oor rioolsuiweringsaanlegte wat ingee.

Die 22 bestes

Die 22 plaaslike owerhede met uitstekende kraanwater:

· Groter Johannesburg

· Tshwane

· Ekurhuleni

· Groter Durban

· Potchefstroom

· Nelspruit

· Kaapstad

· George

· Caledon

· Plettenbergbaai

· Sandile (Oos-Kaap)

· Sundumbili (KwaZulu-Natal)

· Bloemfontein (Maselspoort)

· Peddie at Kings Lynn (Oos-Kaap)

· Primkop (Mpumalanga)

· Laxton (Noord-Kaap)

· Bitterfontein (Weskus)

· Plettenbergbaai

· Franschhoek

· Paarlberg

· Paradyskloof

· Worcester

Só het hulle gevaar

Gauteng: 74,4%
Plaaslike owerhede wat hier die swakste gevaar het was:

· Kungwini (Bronkhorstspruit, Cullinan, Rayton)

· Lesedi (Heidelberg), en

· Wes-Rand-distriksmunisipaliteit.
Vrystaat: 40,03%
Die regering het onvoldoende inligting ontvang van onder meer

· Mafube (wat Villiers en Frankfort insluit)

· Metsimaholo (Groter Sasolburg)

· Ngwathe (Parys) en 11 ander plaaslike owerhede
Limpopo: 40,82%
Onvoldoende inligting is van die plaaslike owerhede van Groter Se- khukhune, Mokgalakwena, Mookgophong en die Mopani-distriksmunisipaliteit en Thabazimbi ontvang. Polokwane het ’n gemiddelde van 70,5% en Musina 19,5%.
Noordwes: 39,9%
Net Potchefstroom het aan al die vereistes voldoen. Ventersdorp het 0% gekry omdat geen inligting bekend gemaak is nie.
Mpumalanga: 51%
11 plaaslike owerhede, waaronder Gert Sibande (Ermelo, Secunda, Bethal en Evander) het min inligting verskaf oor hul watergehalte.
KwaZulu-Natal : 73% ; Wes-Kaap : 60% ; Oos-Kaap : 54,33%; Noord-Kaap : 28,3%
Verskaffers wat min inligting gegee het:

· Nokeng Tsa Taemane, wat water oor provinsiale grense verskaf
· Magalieswater, wat water aan onder meer Roodeplaat, Kameeldrift en Rus de Winter verskaf.
Back to top Go down
 

Sa se Drinkwater

View previous topic View next topic Back to top 
Page 1 of 1

Permissions in this forum:You cannot reply to topics in this forum
The Koi Forum :: General :: Chat - Not Koi related-