The Koi Forum
Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.
The Koi Forum

The place where koi hobbyist's and dealers meet
 
HomeHome  PortalPortal  SearchSearch  Latest imagesLatest images  RegisterRegister  Log in  
Search
 
 

Display results as :
 
Rechercher Advanced Search
Keywords
western show shape Dimilin pumps 2011 foam filter plants babies plant face growth salt Bead small bubble clinofish pond electricity dealers cape baytril food dropsy SPOTS
Latest topics
» New member, hallo everyone
Otters EmptyWed Jun 15, 2022 8:35 am by avisagie

» Waterfall Quiet Air Pump LP-60
Otters EmptyThu Mar 24, 2022 10:34 am by Ronnie

» Super Acto Flo Moving Bed Bio Media
Otters EmptyThu Mar 24, 2022 10:28 am by Ronnie

» Concerns about koi pond lining
Otters EmptySun Oct 17, 2021 12:16 pm by radley

» Nuwe dam
Otters EmptySat Mar 21, 2020 7:22 am by Bertus

» Help! What do o do with fry??
Otters EmptySat Jun 01, 2019 2:34 am by Zombolina

» A magical Japanese garden
Otters EmptyFri May 24, 2019 1:45 pm by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 The vats part 2
Otters EmptySun Nov 25, 2018 12:52 pm by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 the vats part 1
Otters EmptySun Nov 25, 2018 11:58 am by atb tv

April 2024
MonTueWedThuFriSatSun
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
2930     
CalendarCalendar
Affiliates
free forum


Share
 

 Otters

View previous topic View next topic Go down 
AuthorMessage
Admin
Admin
Admin

Posts : 2330
Reputation : 46
Join date : 2007-07-25
Age : 61
Location : Cape Town

Otters Empty
PostSubject: Otters   Otters EmptySun Jan 18, 2009 11:01 pm

Eikestad Nuus

Otters vreet visse
Earl Haupt



SELFS die visse by die Universiteit van Stellenbosch se Botaniese Tuin blyk nie meer veilig te wees nie.

'n 'Groen-oorlog' het nou tussen werknemers van die Botaniese Tuin en 'n otter-familie, wat gereeld die tuin se spoggerige visse verslind, uitgebreek.

Die Koi-visse was aanvanklik in dié tuin se leliedam, maar hulle moes onlangs na 'n ander dam in die tuin verplaas word.

Die rede daarvoor was dat die leliedam waarin die visse gewoon het, gelek en heelwat water verloor het. Die dam is toe leeggemaak en al die visse is na die ander dam geskuif.

Volgens Deon Kotzé, kurator van die Botaniese Tuin, is daar tydens die verskuiwing opgemerk dat die visse soos mis voor die son verdwyn, en dat sommige selfs dood op die terrein aangetref is.

Dié verskynsel het mense verbonde aan die tuin kwaai laat kopkrap ? net om later te ontdek dat die otter-familie doodluiters aan die duur visse weggelê het.

Die honger otters het skynbaar snags toegeslaan om só alle besoekers en werkers te ontduik. Daar word selfs nou gesê die visse het saans ná toemaaktyd reeds begin toeslaan.

Die departement Natuurbewaring is ingeroep om die saak te ondersoek, en het bevind dat 'n otter-familie in die tuin ingetrek en hulself aan die Koi-visse verlustig het.

Otters is aktiewe nagdiere. In een aand kan hulle glo tot 'n kwart van hul eie ligaamsgewig vreet.

Stellenbosse Koi's staan volgens die kenners nie juis veel kans teen dié kalante nie.

Aanvanklik is vermoed die otters het vanuit die Jonkershoek- gebied af dorp toe getrek, maar volgens Natuurbewaring verkies die otters in dié gebied veel eerder die krappe in die rivier.

'Indien die otters iemand se troeteldiere is, moet hulle die diere liefs kom haal,' het 'n werknemer van die Botaniese Tuin grappenderwys aan Eikestadnuus gesê.

Tydens hul ondersoek het Natuurbewaring verskeie tonnels in die Botaniese Tuin ontdek. Daar word vermoed dat die otters óf daarin bly óf die tonnels gebruik om by die damme waar die visse is, uit te kom.

Werknemers van die Botaniese Tuin moes bontstaan om die visse te probeer beskerm en talle 'sekuriteitsmaatreëls' is aangebring.

Boomstompe wat die waterpype blokkeer en die gapings onder die heinings toemaak, is aangebring, maar steeds het die visse snags deurgeloop.

Die Botaniese Tuin is nou ook gewikkel in 'n dilemma, want die otters is bewaarde spesies. Die Tuin en/of Natuurbewaring mag dus nie té fel teen die otters optree nie.

'Daar is eintlik niks wat ons daaraan kan doen nie. Die astetiese aspek van die Botaniese Tuin is vir ons baie belangrik, en elektriese of yster-heinings rondom dié damme sal nogal onaantreklik lyk,' sê Kotzé.

'Om eenvoudig aan te hou nuwe visse koop, sal boonop wees soos om geld in die water te gooi.'
Back to top Go down
http://www.koionline.co.za
 

Otters

View previous topic View next topic Back to top 
Page 1 of 1

Permissions in this forum:You cannot reply to topics in this forum
The Koi Forum :: News and events :: News about Koi related issues-