Wel,
ek is nie 'n groot voorstaander van “venturis” nie! In elk geval nie op die manier waarvoor hulle ontwerp is nie (onder die water geplaas).
Ek en Chris Neaves het al hier oor vasgesit, en ek moes later herken dat hy reg was.
“Venturis”, "plaas" nie net suurstof in die water nie, maar ook ander gifstowe van uit die atmosfeer, wat deur die “venturi” in die water “geblaas” word.
Ek het gevind dat die gebruik van venturis, klein "seertjies" ( so groot so ‘n kopspeld-kop) op die vis veroorsaak, wat dan soms in ulcers ontaard.
Nadat ek my venturis uit die water gelig het, het die verskynsel verdwyn en ek het nie weer die probleem ondervind nie.
Alhoewel buite die water verrig die “venture” dieselfde werk, maar dit help dat die gifstowe ( wat gewoonlik ligter) as suurstof is kan ontsnap voordat dit in die water geblaas word.
PS: Miskien kyk Koi anders as ons na borrels