The Koi Forum
Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.
The Koi Forum

The place where koi hobbyist's and dealers meet
 
HomeHome  PortalPortal  SearchSearch  Latest imagesLatest images  RegisterRegister  Log in  
Search
 
 

Display results as :
 
Rechercher Advanced Search
Keywords
pond baytril plant show face cape food plants salt filter western dealers 2011 dropsy shape growth white Bead skin Dimilin pumps electricity babies SPOTS foam bubble
Latest topics
» New member, hallo everyone
Hoe oud word 'n Koi EmptyWed Jun 15, 2022 8:35 am by avisagie

» Waterfall Quiet Air Pump LP-60
Hoe oud word 'n Koi EmptyThu Mar 24, 2022 10:34 am by Ronnie

» Super Acto Flo Moving Bed Bio Media
Hoe oud word 'n Koi EmptyThu Mar 24, 2022 10:28 am by Ronnie

» Concerns about koi pond lining
Hoe oud word 'n Koi EmptySun Oct 17, 2021 12:16 pm by radley

» Nuwe dam
Hoe oud word 'n Koi EmptySat Mar 21, 2020 7:22 am by Bertus

» Help! What do o do with fry??
Hoe oud word 'n Koi EmptySat Jun 01, 2019 2:34 am by Zombolina

» A magical Japanese garden
Hoe oud word 'n Koi EmptyFri May 24, 2019 1:45 pm by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 The vats part 2
Hoe oud word 'n Koi EmptySun Nov 25, 2018 12:52 pm by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 the vats part 1
Hoe oud word 'n Koi EmptySun Nov 25, 2018 11:58 am by atb tv

March 2024
MonTueWedThuFriSatSun
    123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031
CalendarCalendar
Affiliates
free forum


Share
 

 Hoe oud word 'n Koi

View previous topic View next topic Go down 
AuthorMessage
Admin
Admin
Admin

Posts : 2330
Reputation : 46
Join date : 2007-07-25
Age : 61
Location : Cape Town

Hoe oud word 'n Koi Empty
PostSubject: Hoe oud word 'n Koi   Hoe oud word 'n Koi EmptyWed Nov 12, 2008 2:43 pm

Die Burger 1995

Koi-vis sterf in ouderdom 226

Koi-visse verleen 'n nuwe dimensie aan die tuin.

KLINK na 'n visvang-storie? Indien jy dit nie glo nie, is jy uiteraard nog nie blootgestel aan die genot van die versameling van Koi-visse (en hulle langlewendheid) nie. Maar selfs meer ongelooflik is dat jou naaste tak van Stodels Kwekerye pas 'n ten volle toegeruste Koi-vis afdeling bekend gestel het. Dis die ware Jakob. So, of jy nou 'n 'Kohaku', 'Sanke' of 'Showa' aanhanger is nee, dis nie vorme van Oosterse verweerkuns nie, maar lede van die Gosanka reeks Koi-visse hoef jy nie verder as jou naaste Stodels Kwekery in Bellville of Kenilworth te soek nie. ``Koi-vis versameling,'' sê Robert Stodel, besturende direkteur van Stodels Kwekerye, ``is 'n baie lonende stokperdjie, en kan net soos tuinmaak deur die hele gesin geniet word.'' Koi-vis verleen ook 'n kleurvolle en interessante karakter aan die tuin en word toenemend gewild as 'n fokuspunt buite. In 1994 het Robert Stodel besluit om die water te toets vir die behoefte onder klante om 'n Koi-vis sentrum by die kwekery in Bellville te vestig. Hy was aangenaam verras oor die belangstelling in die gebied, en het Errol Cooper van The Real Mc Koi, 'n bekende Koi kundige, genader. Gou is 'n bloeiende Koi-vis akwarium met al sy toebehore gebou. Errol is geen onbekende aan die Koi- vis bedryf nie, aangesien hy reeds die laaste 20 jaar in Houtbaai sake doen. ``My klante kom van oral uit die groter Kaapstad gebied en is baie opgewonde oor die Koi- vis sentrums wat nou tot stand gebring is,'' sê hy. Koi-visse bied baie plesier om aan te hou, aangesien hulle in in 'n verskeidenheid helder kleure beskikbaar is en tot ongelooflike groottes kan groei. Nou nie heeltemal Moby Dick nie, maar Errol, eienaar van The Real Mc Koi, sê dat 'n Koi- vis onlangs in Japan dood is wat 1,5 meter lank was en 226 jaar oud geword het! Hy sê die visse is baie liefderyk (niks soos 'n koue vis hier nie!) en tot naby die oppervlak kom om te voer en oor die kop gestreel te word. Koi-vis kom oorspronklik uit China, maar Japan is nou die land wat die goeie bloedlinies ``gemonopoliseer'' het. Die meeste van die vis in Suid-Afrika is uit Japan ingevoer, wat hulle duur maak, maar die goeie nuus is dat 'n teler in Transvaal net sulke goeie voorraad teen 'n baie billiker prys aan handelaars verkoop. Terloops, dis nie die grootte van die vis wat sy prys bepaal nie, maar die kwaliteit. Die raad wat Errol bied, is om aanvanklik 'n paar goeie visse te koop en jou voorraad stelselmatig aan te vul namate jy dit kan bekostig. Nog raad: Moenie jou Koi-visse te klein koop nie eerder so tussen 12 en 15 cm, sodat die kleur reeds vasgestel is. Onthou groter is nie beter nie. Koi-visse groei gemiddeld 15 cm per jaar en sal gou 'n groot vis wees, sodat dit nie geskik is vir 'n gewone tenk waar goudvissies aangehou word nie. Moenie kortpad kies deur jou vis met kat- of hondekos te voer nie. Daar is spesiale Koi- vis pille beskikbaar wat hulle laat floreer. Indien jy 'n tuin, rotstuin of watertuin beplan, sluit 'n dam vir Koi-visse in hulle groei nie almal tot 1,5 meter nie!
Back to top Go down
http://www.koionline.co.za
 

Hoe oud word 'n Koi

View previous topic View next topic Back to top 
Page 1 of 1

Permissions in this forum:You cannot reply to topics in this forum
The Koi Forum :: Interesting facts about koi :: Did you know?-