In die winter, ten minste elke twee weke;
In die winter, ten minste 10% van jou totale volume elke twee weke;
In die somer, ten minste elke week;
In die somer, ten minste 10% van jou totale volume per week;
In die somer kan dit nodig wees om elke derde dag te backwash afhangende van die hoeveelheid alge en ander organiese materiaal in jou dam. Die effektiwiteit van jou UV speel 'n rol, die effektiwiteit van jou biologiese filter speel 'n rol, byvoorbeel hoeveel 'solids" word verwyder voordat die water by die sandfilter kom, temperatuur speel 'n rol en natuurlik die hoeveelheid kos wat jy gee. So ook die grote van jou sand/gruis in die sandfilter. Hoe fyner die sand, hoe meer moet jy backwash.
Elke dam sal anders wees. Hou jou watervloei dop, en sodra jy merk dit neem af, doen 'n backwash.