Bobby,
ek stem basis saam met Paul.
Ek is egter 'n sandfilter-man en weet nie juis baie oor die Nexus nie. Ek weet dat Brain Lee dit gebruik het. Brain het ook gedurende die dag sy water se vloei-sterkte verhoog om sy Koi te "oefen" maar gedurende die nag het hy die afgestel sodat die Koi kon "rus"
As ons kyk na wat Koi benodig, moet ons die volgende by 'n Koi dam he:-
1. Goeie filtreer stelsel
2. Goeie water sirkulasie deur die filtreer stelsel (Turnover)
3. Genoeg suurstof
4. Goeie water terug voer na die dam en sirkulasie binne die dam.
5. Genoeg water volume (spasie) per vis
Hier in die suidelike halfrond is dit beter om die water vloei in die dam anti-kloksgewys te he. Ongeag of daarvan 'n geslote stelsel of swaardekrag stelsel gebruik gemaak word.
Op geen een van my damme het ek "air blowers" nie. Ek maak gebruik van watervalle, bo watervlak terug voer en op een dam het ek ook 'n "bakkie shower"
Die "venturi's" het ek ook so gestel dat dit nie onder die water is nie.
Gedurende die dag maak ek alle bo-oppervlak "inlets" toe waar moontlik, maar gedurende die nag maak ek die bo-oppervlakkete "inlets" oop en al die ander " inlets maak ek toe.
Ongeag dan van die stelsel, sal ek van kleppe gebruik maak om die water vloei te beheer met 'n redelike sterk pomp om die by te staan.
Die terug voer pype/inlaat, moet dan soos volg geplaas word.
1. Tenminste twee ongeveer 100mm bokant die dan vloer ( in twee teen oorgestelde hoeke) anti-kloksgewys geplaas word. Dit sal help om alle afval na die "Botton drains" aan te help.
2. "Mid-inlets" moet ook anti-kloksgewys geplaas word met 'n hoek van 45 grade afwaarts.
3. Bo oppervlak inlate ook anti-klok gewys geplaas.
Al hierdie inlate moet elk sy eie klep he, sodat die stroom strekte beheer kan word.
Ek hoop dit gee jou 'n idee hoe ek van 'n dan stelsel hou.
Hier is my 55 500lt filtreer stelsel:
[You must be registered and logged in to see this image.]Dit bestaan uit:
3 x 1,1 kW pompe
4 x 4 sak sand filters ( 3-5mm gruis) twee per pomp
1 x 3 sak sand filter ( 1-1,4mm sand) eie pomp
4 x 50lt ultraZap (druk) bio filters
3 x 25lt ultraZap (druk) bio filters
2 x 55wat uv ligte ( was nog nooit aangeskakel nie)
4 x bottom drains (50mm direk na pompe)
2 x wiers ( skimmers)
2 x botton inlets (50mm)
2 x mid-way inlets (50mm)
1 x water val (1 meter val)
1 x bakki shower (1,5 meter val)
1 x vegie oorspoel dammetjie
14 x kleppe ( 50mm)
Gaan loer by:
[You must be registered and logged in to see this link.]As jy nou mooi deur mekaar is, dink weer of jy wel 'n groter Koi dam wil bou