Hi Jaco
Die Sanke is die naweek wat verby is verkoop. Die persoon het haar op die foto gekoop na dat ek dit vir hulle gestuur het. Ek het die vis vir hulle gevlieg tot by hulle naste lughawe. Gewoonlik vra ons dat die kliente ons net bel en se hulle het die vis ontvang.
Hierdie klient het gebel en gese hulle is op die lughawe en wag vir die vis die vlug is vertraag, 'n uur later het hulle gebel en gese hulle het nou die vis. Hulle bel toe weer 'n uur later en se hulle het die vis nou in die dam en sy is ok en pragtig. die laaste sin het hulle so 10min gevat om oor te dra oor die foon. Die dame het so gehuil van opgewondenheid en blydskap dat sy skaars oor die foon kan praat.
Maar ja, sy is nou verkoop en die klient is gelukig en so ook ons.