Navraag op ons Web tuiste:
Ek het op julle web blad afgekom,en ek moet se ek persoonlik dink dit is great.Alles wat jy wil weet is da vir die normale ou wat koi's aanhou vir die mooi geit tot stokperdjie geesdriftiges!
Ek glo julle sal my kan antwoord op my vraag,as jy Ochiba Shigure wil teel en jy het n wyfie Ochiba Shigure watse mannetjie is die beste om by haar te sit?Die rede hoekom ek vra is baie koi boere in ons omgeeving praat van Kohaku's en die ander praat van Ochiba Shigure's nou vra ek julle maar Kohaku of Ochiba Shigure?
Dankie vir al julle inligting,ek het regtig meer geleer op julle web blad!!!!!!
Albert!
Albert, ek is nie 'n expert op die gebied nie, daarom plaas ek jou vraag op ons forum.
So ver my kennis strek is Ochiba Shigure ontwikkel deur Saragoi en Chagoi te kruis.
Die toevoeging van 'n Kohaku was eers later gedoen deur sommige teëlers om die Hi (autum leaves) meer pertinent uit te bring en rooier te maak.
My advies sou wees om die Ochiba en Kohaku saam te gooi. Dit sou beter wees as die Ochiba die mannetjie was, aangesien die mannetjie se gene dominant is, maar jy behoort ook goeie Ochiba's te kry op die manier, net nie soveel nie.
Sterkte, en hoop iemand anders kan jou beter help.