Nelius,
deur die dam leeg te maak en dit dan met "Hydrochloric acid", swembad suur af te was sal help om die pH af te bring.
Omdat dit 'n gevaarlik produk is moet jy die nodige voorsorg tref met beskermende klere en handskoene en ook om te verhoed dat jy die suur walms in asem.
Wat ek met my laaste dam gedoen het, was om die suur in die water te gooi ( 5lt op 'n slag) dit dan vir 24 uur te los waarna ek 100% "water changes" gedoen het. Ek het dit herhaal tot dat die pH 7,5 was.
Die vis was eers sewe dae later in die dam geplaas.