Lolly-moordverdagte in hegtenis geneem
2012-03-23 22:08
Artikelopsies
Druk artikel e-pos artikel Deel
Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Beeld op
Jou selfoon Jou Facebook-profiel Jani Meyer
Mnr. George Louka, die vermeende moordenaar van die Teazers-baas mnr. Lolly Jackson, is in Ciprus in hegtenis geneem.
Lt.kol. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het gesê die polisie in Ciprus het Louka op versoek van die Suid-Afrikaanse polisie in hegtenis geneem en hy word daar aangehou. Hy wou nog niks oor die uitleweringsprosedure sê nie.
Jackson, eienaar van die Teazers-ontkleeklubgroep, is op 3 Mei 2010 in sy huis in Edleen, Kempton Park, doodgeskiet.
Louka is sedert 2010 voortvlugtig. Volgens Sapa sal Louka na verwagting volgende week in Ciprus in die hof verskyn waar na verwagting met die uitleweringsproses begin sal word.
Daar is destyds berig dat Louka, ook bekend as George Smith, die voormalige misdaadintelligensiebaas van die polisie in Gauteng, genl. Joey Mabasa, kort ná die moord gebel en beken dat hy Jackson vermoor het.
Louka het in ’n onlangse onderhoud aan die Sunday Times gesê hy dink nie hy sal ’n regverdige verhoor in Suid-Afrika hê nie.