Ok die veggie dam, dam #3, is nou al vol water vir 9 dae.
Ek sien geen lekplekke nie maar my vrees oor die vloei volumes is bewaarheid. So ons is besig om regstellende stappe te neem.
Wat opvallend vir my is dat die dam se water nogsteeds glashelder is.
Ek wonder of dit a goeie voorteken is ... ek hoop so.
Die tweede dag na ons water ingesit het was daar baie skuim op die water en ek was toe in Kuwait. My seun was baie angstig maar by dag 5 was die skuim weg.
Ons pomp nog nie gereeld nie aangesien ek die vloei probleem het en ons sal more die eerste fase van regstellings doen.
Ek gaan by die namweek begin om plante in die dam te sit ... dis nou koud hier in die Laeveld en die goed gaan sekerlik nie sterk groei nie. So ek sal maar begin en hulle tyd gee om te vestig.
Ek beplan ook om bietjie goudvissies in te gooi vir a start ... hulle gaan maar a dodgy bestan voer tot die plante meer bedekking lewer want ek is seker die visvangers gaan hulle looi
... hoop ek kan darem a paar goeie shots daarvan kry.
DIe damme begin nou mooi lyk want omtrent al die klipwerk is klaar. Dam #2 is klaar gepleister en ons wag vir mooi weer om te coprox.
Dam #1 sal volgende week gepleister word. Hopelik is al die konstruksie klaar by einde Junie.
Thanks vir die wat my van raad voor sien het.