Latest topics | » New member, hallo everyoneWed Jun 15, 2022 8:35 am by avisagie » Waterfall Quiet Air Pump LP-60Thu Mar 24, 2022 10:34 am by Ronnie » Super Acto Flo Moving Bed Bio Media Thu Mar 24, 2022 10:28 am by Ronnie » Concerns about koi pond liningSun Oct 17, 2021 12:16 pm by radley » Nuwe damSat Mar 21, 2020 7:22 am by Bertus » Help! What do o do with fry??Sat Jun 01, 2019 2:34 am by Zombolina » A magical Japanese gardenFri May 24, 2019 1:45 pm by atb tv » Nogyosai Nagaoka koi show 2018 The vats part 2Sun Nov 25, 2018 12:52 pm by atb tv » Nogyosai Nagaoka koi show 2018 the vats part 1Sun Nov 25, 2018 11:58 am by atb tv |
November 2024 | Mon | Tue | Wed | Thu | Fri | Sat | Sun |
---|
| | | | 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | | Calendar |
|
|
| Author | Message |
---|
Stephanus
Posts : 4 Reputation : 0 Join date : 2011-11-22 Age : 50 Location : Meyerton
| Subject: Dam toe gooi! Tue Nov 22, 2011 3:21 pm | |
| Halo!! Nuut by die forum en het raad nodig!
Nadat ek te gretig was om met my KOI te begin en na 'n paar plekke gagaan het vir raad (GROOT NAME WAT EIS HUL IS DIE BESTE) sit ek nou met R45 000.00 se ertjie sop. Ek hoop die paar Koi's wat oorleef het hou tot ek hulle weer kan sien. EK stel belang in iets soos die BUBBLE BEAD FILTER?
Eerste dam is 18000 Liter Tweede dam is 8700 Liter Damme te ver uitmekaar om van een sisteem te werk Enige voortstelle waar ek kan gaan koop/raad vra? (GAUTENG) Ek sal dit waardeur as iemand my kan raad gee of na die regte afdeling verwys om te gaan sien?
Dankie |
| | | Admin Admin
Posts : 2330 Reputation : 46 Join date : 2007-07-25 Age : 62 Location : Cape Town
| Subject: Re: Dam toe gooi! Tue Nov 22, 2011 3:38 pm | |
| Hi Stephanus, welkom.
Die belangrikste vraag in die lig van die ertjiesop opmerking is, wat is die grootte van jou UV ligte en wanneer laas het jy dit vervang?
Hoeveel en hoe groot is die vis?
Watter tipe filtrasie het jy tans? Enige fotos? |
| | | Stephanus
Posts : 4 Reputation : 0 Join date : 2011-11-22 Age : 50 Location : Meyerton
| Subject: Re: Dam toe gooi! Tue Nov 22, 2011 3:59 pm | |
| Hi Paul, Dankie!
Ek voel al klaar skaam net om te dink wat ek jou moet antwoord, MAAR, dit was nie my toedoen nie, dit was 'kenners' se idee. Ek weet ek moet UV ligte kry, maar het nie op die oomblik nie (Die wolwe wat my dam gedoen het het daai tyd gese ek het niks anders nodig nie). Ek wil dit insit wanneer ek nou die filter sisteem insit. Op die oomblik werk my sisteem (OF NIE!) slegs met die BIO filter op elke dam en onder water pompe wat die water sirkuleer. Die meganiese filter bestaan nie op die oomblik nie!
As ek reg verstaan uit die bietjie wat ek hier rond gelees het, MOET ek: meganiese filter, bio filter, UV ligte he as minimum? Die visse is so 25 cm.
10 visse in die 18000 liter dam (1.3m diep) 6 visse in die 8700 liter dam (1.1m diep)
Jy kan dus sien, die R45 000.00 kom van 'n luukse twee dammetjies met pilare, teel werk, visse en byna niks anders nie. Ek was oor-gretig om te begin en nou pluk ek die vrot vrugte. Die rede hoekom ek vra na bv. die Bubble Bead is omdat ek verstaan die pomp het nie nodig om so groot te wees in vergelyking met 'n sand filter nie. Weet jy iets van dit?
Ai, dankie vir jou reply sover! |
| | | Admin Admin
Posts : 2330 Reputation : 46 Join date : 2007-07-25 Age : 62 Location : Cape Town
| Subject: Re: Dam toe gooi! Tue Nov 22, 2011 4:53 pm | |
| Ek sou se die absolute minimum is:
Pomp UV lig (kan wegdoen daarmee na 'n jaar of twee wanneer jy filtrasie inskop) Meganiese filtrasie Biologiese filtrasie
Jou dam is seker nie gebou vir gravitasie stelsels nie, dus sal jy ten minste 'n sandfilter of Bubble Bead filter moet kry en is jy dus beperk tot hoe druk pompe.
'n Sandfilter kan jy kry vir ongeveer R 2000 en 'n Bubble bead vir ongeveer R 5500.
Die bubble bead kan goed hardloop op 'n .25 kw pomp, maar 'n twee sak sandfilter sal ten minste 'n .45 pomp moet he. Op die lang duur is die bubble bead meer ekonomies en jy sal minder siektes in jou dam optel en dit is minder werk.
Indien jy nie 'n bottom drein met settlement chamber het nie, sal jy van tyd tot tyd moet vacuum. Daarvoor sal die .45 pomp beter werk, tensy jy 'n vacuum koop.
'n UV lig is nie duur nie. Jy kan wegkom met 'n 30watt (binne spesifikasies) maar dit sal beter wees om 'n 55watt in te sit met jou volume. Nie 'n groot prys verskil nie.
Ek sou jou ook aanbeveel om 'n bakki shower in te sit. Dit kan maklik self gebou word vir min geld en die effek maak dit uit en uit die moeite werd.
|
| | | Stephanus
Posts : 4 Reputation : 0 Join date : 2011-11-22 Age : 50 Location : Meyerton
| Subject: Re: Dam toe gooi! Wed Nov 23, 2011 7:44 am | |
| More Paul
Baie dankie. Ek sal maar vinnig spring om die Bubble Bead en UV te installeer. EK het nie bodem dreinering nie maar sal dan vacuum ook aanskaf. Ek sal op die net soek vir bakkie shower voorbeelde/planne.
Hopelik kan ek binnekort fotos neem van my Koi en nie net van donker water nie. Ek waardeur jou raad.
Groete |
| | | Guest Guest
| Subject: Re: Dam toe gooi! Wed Nov 23, 2011 9:12 am | |
| Stephanus,
Ek sal nou regtig nie my geld op 'n bubble bead filter mors nie! Ek gebruik al die afgelope 10 jaar sand filters, my water is helder skoon en ek het nog nooit enige probleme gehad nie, alhoewel sand filters nie vir lui mense is nie, is dit die beste om water skoon te hou.
Uv ligte is en word ook oorbeklemtoon, hulle is oorbodig as jou filterstelsel reg werk.
Waar woon jy? |
| | | Stephanus
Posts : 4 Reputation : 0 Join date : 2011-11-22 Age : 50 Location : Meyerton
| Subject: Re: Dam toe gooi! Wed Nov 23, 2011 9:44 am | |
| Halo Pieter
Ek bly in Meyerton.
Ek moet erken.... met al die geld wat ek moes uithaal met die konstruksie van my twee dammetjies is ek nou al so ver in die rooi dat ek maar gedink het die Bubble bead se pomp gaan dalk meer ekonomies wees met elektriese rekening in gedagte. Ook is die twee so ver uitmekaar dat ek nie 'n "float" tussen die twee kan doen nie wat beteken ek sal moet twee filtreer sisteme installeer.
As ek reg verstaan kan ek met die BUBBLE BEAD 'n baie kleiner een kry vir die 8700 liter dam? Maar sou ek sand filter insit? Sal die pomp dan nog steeds bv 'n .75 kw moet wees?
Ek sal nie sukkel met die onderhoud nie, ek is lief daarvor om besig te bly haha. Dit is regtig die krag rekening wat my pla en dan voel dit vir my asof elke plek 'n ander opienie het oor die sisteem en ek het reeds finansieel 'n lekker vet punch gevat!
Daar is nou al twee plekke wat ek gaan sien het wat vir my gese het ek sal nie van een sisteem af kan werk tensy ek leegmaak breek en weer konstruksie verander dat ek onder by die bodem 'n 'float' lyn insit nie.
Ek is haastig, maar ek is regtig nog oop vir voorstell?! |
| | | Sponsored content
| Subject: Re: Dam toe gooi! | |
| |
| | | |
Similar topics | |
|
| Permissions in this forum: | You cannot reply to topics in this forum
| |
| |
| |