The Koi Forum
Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.
The Koi Forum

The place where koi hobbyist's and dealers meet
 
HomeHome  PortalPortal  SearchSearch  Latest imagesLatest images  RegisterRegister  Log in  
Search
 
 

Display results as :
 
Rechercher Advanced Search
Keywords
dealers face western cape 2011 pond show baytril white babies SPOTS electricity filter dropsy Dimilin growth skin food plants foam Bead shape pumps plant bubble salt
Latest topics
» New member, hallo everyone
Dam toe gooi! EmptyWed Jun 15, 2022 8:35 am by avisagie

» Waterfall Quiet Air Pump LP-60
Dam toe gooi! EmptyThu Mar 24, 2022 10:34 am by Ronnie

» Super Acto Flo Moving Bed Bio Media
Dam toe gooi! EmptyThu Mar 24, 2022 10:28 am by Ronnie

» Concerns about koi pond lining
Dam toe gooi! EmptySun Oct 17, 2021 12:16 pm by radley

» Nuwe dam
Dam toe gooi! EmptySat Mar 21, 2020 7:22 am by Bertus

» Help! What do o do with fry??
Dam toe gooi! EmptySat Jun 01, 2019 2:34 am by Zombolina

» A magical Japanese garden
Dam toe gooi! EmptyFri May 24, 2019 1:45 pm by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 The vats part 2
Dam toe gooi! EmptySun Nov 25, 2018 12:52 pm by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 the vats part 1
Dam toe gooi! EmptySun Nov 25, 2018 11:58 am by atb tv

March 2024
MonTueWedThuFriSatSun
    123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031
CalendarCalendar
Affiliates
free forum


Share
 

 Dam toe gooi!

View previous topic View next topic Go down 
AuthorMessage
Stephanus

Stephanus

Posts : 4
Reputation : 0
Join date : 2011-11-22
Age : 49
Location : Meyerton

Dam toe gooi! Empty
PostSubject: Dam toe gooi!   Dam toe gooi! EmptyTue Nov 22, 2011 3:21 pm

Halo!! Nuut by die forum en het raad nodig!

Nadat ek te gretig was om met my KOI te begin en na 'n paar plekke gagaan het vir raad (GROOT NAME WAT EIS HUL IS DIE BESTE) sit ek nou met R45 000.00 se ertjie sop. Ek hoop die paar Koi's wat oorleef het hou tot ek hulle weer kan sien. EK stel belang in iets soos die BUBBLE BEAD FILTER?

Eerste dam is 18000 Liter
Tweede dam is 8700 Liter
Damme te ver uitmekaar om van een sisteem te werk
Enige voortstelle waar ek kan gaan koop/raad vra? (GAUTENG)

Ek sal dit waardeur as iemand my kan raad gee of na die regte afdeling verwys om te gaan sien?

Dankie
Back to top Go down
Admin
Admin
Admin

Posts : 2330
Reputation : 46
Join date : 2007-07-25
Age : 61
Location : Cape Town

Dam toe gooi! Empty
PostSubject: Re: Dam toe gooi!   Dam toe gooi! EmptyTue Nov 22, 2011 3:38 pm

Hi Stephanus, welkom.

Die belangrikste vraag in die lig van die ertjiesop opmerking is, wat is die grootte van jou UV ligte en wanneer laas het jy dit vervang?

Hoeveel en hoe groot is die vis?

Watter tipe filtrasie het jy tans? Enige fotos?
Back to top Go down
http://www.koionline.co.za
Stephanus

Stephanus

Posts : 4
Reputation : 0
Join date : 2011-11-22
Age : 49
Location : Meyerton

Dam toe gooi! Empty
PostSubject: Re: Dam toe gooi!   Dam toe gooi! EmptyTue Nov 22, 2011 3:59 pm

Hi Paul, Dankie!

Ek voel al klaar skaam net om te dink wat ek jou moet antwoord, MAAR, dit was nie my toedoen nie, dit was 'kenners' se idee. Ek weet ek moet UV ligte kry, maar het nie op die oomblik nie (Die wolwe wat my dam gedoen het het daai tyd gese ek het niks anders nodig nie). Ek wil dit insit wanneer ek nou die filter sisteem insit. Op die oomblik werk my sisteem (OF NIE!) slegs met die BIO filter op elke dam en onder water pompe wat die water sirkuleer. Die meganiese filter bestaan nie op die oomblik nie!

As ek reg verstaan uit die bietjie wat ek hier rond gelees het, MOET ek: meganiese filter, bio filter, UV ligte he as minimum? Die visse is so 25 cm.

10 visse in die 18000 liter dam (1.3m diep)
6 visse in die 8700 liter dam (1.1m diep)

Jy kan dus sien, die R45 000.00 kom van 'n luukse twee dammetjies met pilare, teel werk, visse en byna niks anders nie. Ek was oor-gretig om te begin en nou pluk ek die vrot vrugte. Die rede hoekom ek vra na bv. die Bubble Bead is omdat ek verstaan die pomp het nie nodig om so groot te wees in vergelyking met 'n sand filter nie. Weet jy iets van dit?

Ai, dankie vir jou reply sover!
Back to top Go down
Admin
Admin
Admin

Posts : 2330
Reputation : 46
Join date : 2007-07-25
Age : 61
Location : Cape Town

Dam toe gooi! Empty
PostSubject: Re: Dam toe gooi!   Dam toe gooi! EmptyTue Nov 22, 2011 4:53 pm

Ek sou se die absolute minimum is:

Pomp
UV lig (kan wegdoen daarmee na 'n jaar of twee wanneer jy filtrasie inskop)
Meganiese filtrasie
Biologiese filtrasie

Jou dam is seker nie gebou vir gravitasie stelsels nie, dus sal jy ten minste 'n sandfilter of Bubble Bead filter moet kry en is jy dus beperk tot hoe druk pompe.

'n Sandfilter kan jy kry vir ongeveer R 2000 en 'n Bubble bead vir ongeveer R 5500.

Die bubble bead kan goed hardloop op 'n .25 kw pomp, maar 'n twee sak sandfilter sal ten minste 'n .45 pomp moet he. Op die lang duur is die bubble bead meer ekonomies en jy sal minder siektes in jou dam optel en dit is minder werk.

Indien jy nie 'n bottom drein met settlement chamber het nie, sal jy van tyd tot tyd moet vacuum. Daarvoor sal die .45 pomp beter werk, tensy jy 'n vacuum koop.

'n UV lig is nie duur nie. Jy kan wegkom met 'n 30watt (binne spesifikasies) maar dit sal beter wees om 'n 55watt in te sit met jou volume. Nie 'n groot prys verskil nie.

Ek sou jou ook aanbeveel om 'n bakki shower in te sit. Dit kan maklik self gebou word vir min geld en die effek maak dit uit en uit die moeite werd.

Back to top Go down
http://www.koionline.co.za
Stephanus

Stephanus

Posts : 4
Reputation : 0
Join date : 2011-11-22
Age : 49
Location : Meyerton

Dam toe gooi! Empty
PostSubject: Re: Dam toe gooi!   Dam toe gooi! EmptyWed Nov 23, 2011 7:44 am

More Paul

Baie dankie. Ek sal maar vinnig spring om die Bubble Bead en UV te installeer. EK het nie bodem dreinering nie maar sal dan vacuum ook aanskaf. Ek sal op die net soek vir bakkie shower voorbeelde/planne.

Hopelik kan ek binnekort fotos neem van my Koi en nie net van donker water nie. Ek waardeur jou raad.

Groete
Back to top Go down
Guest
Guest



Dam toe gooi! Empty
PostSubject: Re: Dam toe gooi!   Dam toe gooi! EmptyWed Nov 23, 2011 9:12 am

Stephanus,

Ek sal nou regtig nie my geld op 'n bubble bead filter mors nie!
Ek gebruik al die afgelope 10 jaar sand filters, my water is helder skoon en ek het nog nooit enige probleme gehad nie, alhoewel sand filters nie vir lui mense is nie, is dit die beste om water skoon te hou.

Uv ligte is en word ook oorbeklemtoon, hulle is oorbodig as jou filterstelsel reg werk.

Waar woon jy?
Back to top Go down
Stephanus

Stephanus

Posts : 4
Reputation : 0
Join date : 2011-11-22
Age : 49
Location : Meyerton

Dam toe gooi! Empty
PostSubject: Re: Dam toe gooi!   Dam toe gooi! EmptyWed Nov 23, 2011 9:44 am

Halo Pieter

Ek bly in Meyerton.

Ek moet erken.... met al die geld wat ek moes uithaal met die konstruksie van my twee dammetjies is ek nou al so ver in die rooi dat ek maar gedink het die Bubble bead se pomp gaan dalk meer ekonomies wees met elektriese rekening in gedagte. Ook is die twee so ver uitmekaar dat ek nie 'n "float" tussen die twee kan doen nie wat beteken ek sal moet twee filtreer sisteme installeer.

As ek reg verstaan kan ek met die BUBBLE BEAD 'n baie kleiner een kry vir die 8700 liter dam? Maar sou ek sand filter insit? Sal die pomp dan nog steeds bv 'n .75 kw moet wees?

Ek sal nie sukkel met die onderhoud nie, ek is lief daarvor om besig te bly haha. Dit is regtig die krag rekening wat my pla en dan voel dit vir my asof elke plek 'n ander opienie het oor die sisteem en ek het reeds finansieel 'n lekker vet punch gevat!

Daar is nou al twee plekke wat ek gaan sien het wat vir my gese het ek sal nie van een sisteem af kan werk tensy ek leegmaak breek en weer konstruksie verander dat ek onder by die bodem 'n 'float' lyn insit nie.

Ek is haastig, maar ek is regtig nog oop vir voorstell?!
Back to top Go down
Sponsored content




Dam toe gooi! Empty
PostSubject: Re: Dam toe gooi!   Dam toe gooi! Empty

Back to top Go down
 

Dam toe gooi!

View previous topic View next topic Back to top 
Page 1 of 1

Permissions in this forum:You cannot reply to topics in this forum
The Koi Forum :: Ponds and equipment :: Posts on pond building-