Party keer is dit 'n probleem na 'n groot water verandering veral indien boorgat water gebruik word. Die water kom soms van baie diep en het min suurstof. Al my water word van 120 meter diep gepomp en ek het gevind dat indien ek 'n groot water verandering doen, het ek min opgeloste suurstof in die water.
Medikasie haal natuurlik ook suurstof uit, en indien die visse "bubbles hap" soos jy dit stel, kan dit ook 'n aanduiding wees van Costia.
Soos Phillip genoem het, Chlorine in die water kan dit ook veroorsaak.
Na 'n warm dag en indien jy baie plante in die dam het, of 'n Alge bloom ondervind, kan die suurstof ook in die nag geweldig daal.
Bly jou probleem is opgelos.