Hi Vossie
Ek glo dat die kwarantyn dam gevul moet wees met die hoofdam se water en alle water veranderings moet kom vanaf die hoofdam. Dit sal goed wees om voor die oorplasing die kwarantyn dam weer op te top met die hoofdam se water sodat die PH en tempretauur naastenby dieselfde is wanneer jy oorplaas.
Dit is baie belangrik om een van die visse (nie waardevol) in die hoofdam saam met die een of meer in kwarantyn te sit. Dit gee die nuwe visse geleentheid om stelselmatig gewoond te raak aan nuwe tipe bakteriee wat dalk in jou hoofdam is. Dit wys ook of die nuwe visse dalk bakteriee het wat probleme kan veroorsaak in die hoofdam. As die vis vanaf die hoofdam in jou kwarantyn dam vrek, weet jy daar is probleme, en weet jy jy moet nie oorplaas nie.
Een van die hoof gedagtes van kwarantyn is om die visse stelselmatig gewoond te maak aan nuwe tipe bakteriee en nuwe tipe water en temperature, en om 'n geleentheid te he om die nuwe aankomelinge afsonderlik te toets en te behandel indien nodig.
Buiten om te toets vir KHV, is die hoof doel om beide jou bestaande kolleksie EN die nuwe aankomelinge te beskerm.
Ek merk dat baie min mense 'n vis of twee van die hoofdam saam met die nuwe aankomelinge plaas maar ek beskou dit as 'n baie belangrike aspek van kwarantyn.