Posts : 631 Reputation : 11 Join date : 2010-05-25 Age : 59 Location : krugersdorp
Subject: Bly maar liewer by koi hobby Tue Apr 26, 2011 9:14 am
Die kinners het besluit om my sondag te vat om `n paar golfballe te gaan slaan by `n driving range.Ja wel eerste keer wat ek dit gaan doen en ek het geweet hier kom marakas en ek is `n bok vir sports. Elkeen kry so `n emmer vol balle en hulle gee my `n stok met `n stuk hout vooraan.
Toe ek sien hoeveel balle in die emmer is weet ek hier gaan geslat word en gesweet word.My eerste twee shots slat ek mooi maar mis.Die volgende shots kry ek die bal so 10 meter.Nou begin die manne my tou wys maak en ek moet my pose hou want weerskante staan die manne en slaan so 10 die kant en tien daai kant.
Ek maak maar soos hulle se en per geluk slat ek die bal mooi raak en tot op 150 meter.Eks nou in my pride en slaan my volgende hou maar m#$r `n gat in die grond vir die volgende koidam.
Back toe square one en ek slaan darem een bal net net raak maar die bal gaan agter toe inplaas van voerentoe.Ek sweer hulle het my `n gebuigte stok gegee.
Ek van `n pull aan my sigaret en besluit nou gaan ek hom looi en wragtig slat ek die bal mis en die stok trek deur die lig.Ons hoor net hoe skree die manne en hulle hol gebukkend weg hier en daar.Ek voel lekker gat en gaan tel my stok wat verder as die bal gevorder het so twintig meter van my af op
ek sien die manne lag en een besluit dis beter om sy balle uit die emmer uit te gooi en die emmer op sy kop te sit.
Die man so neffens agter my se vrou lag en ek besluit jy sal jou lag sluk girlie en ek sit my volgende bal reg en besluit hiers dit nou.Ek sit al my hengel ervaring in en korrel tewyl ek daai girl my stands wys en trek my boudjies mooi op `n knop en laat wiel.
200 m verder en ek is so bly ek het vergeet om asem te haal.Hierna slat ek darem nog `n paar raak tot die balle op is
Dammit eks bly dis verby
Admin Admin
Posts : 2330 Reputation : 46 Join date : 2007-07-25 Age : 62 Location : Cape Town
Subject: Re: Bly maar liewer by koi hobby Tue Apr 26, 2011 12:46 pm
Hi Vossie, klink my jy moet maar by die visvang bly.
However, a golfer has an advantage over a fisherman. He doesn't have to produce anything to prove his story.
LOL
vossie
Posts : 631 Reputation : 11 Join date : 2010-05-25 Age : 59 Location : krugersdorp
Subject: Re: Bly maar liewer by koi hobby Tue Apr 26, 2011 2:38 pm
nee wat paul ek sukkel nou nog om my onnervroek uit my keel te kry golf is nie vir my nie done that been there got the t-shirt