my pond het van gister af tot nou toe met 4 grade oornag gedrop lyk my dis nou die tyd wat mens gaan sujjek met temps wat wipplank ry en siektes gaan veroorsaak
Een van my vis het `n ulcer ontwikkel en ek en pieter het die seer alreeds begin in `n quarantine pond behandel met inspuitings en poeier.Dit lyk of die seer reeds na `n week `n wit vlies oor begin kry
Ek het vandag nog `n inspuiting gegee en flyers balsam op die plek gesit die vis is 50 cm groot lyk my die ulcer het ontwikkel onner twee van die groot skubbe van die metalic wat toe sy jonger was afgehaal moes word
Ek is bevoorreg om iemand soos pieter te ken wat sy storie met die siektes te ken hy het my so ver met raad en daad bygetaan en sou die vis seker al verloor het as dit nie vir hom was nie dankie pieter jy is `n koning wanner mens in die sop is