Om dit te beantwoord moet mens kyk wat die doel is van waterveranderings?
Die hoofdoel sou ek se is,
1 Jou filters moet geflush word, verkieslik met pond water. Hoe groter die volume, hoe minder is nodig.
2 Jou Nitrate moet uit die sisteem gehaal word om konstant binne perke te bly. 'n Bakki shower of waterval kan dit ook doen, maar nie so effektief soos waterveranderings nie.
3 Visse skei hormone af indien daar overstocking is, wat hul groei beinvloed. Waterveranderings verminder die hormone in die water, wat beter groei veroorsaak.
4 Water veranderings verminder Ammonia en Nitrite, alhoewel jou filters dit behoort te doen.
5 Water veranderings herstel en vervang noodsaaklike minerale in die sisteem.
0% waterverandering is nie regtig haalbaar en aan te beveel nie, veral met stelsels onder 50 000 l. Hoeveelheid vis per liter maak natuurlik ook 'n groot verskil. Een vis in 20 000 l water byvoorbeeld, en jy kan wegkom met geen water verandering nie.