Hi,
Ek is jammer om te se maar ek hou glad nie van die Showa nie. Daar is te min Shiroji (wit) op die kop, die Hi "blets" op die Shiroji oor die skof hou ek ook nie van nie.
Ek hou ook nie van die Sumi (swart) op die regterkantse "pectoral leading ray" nie.
Die Koi mag miskien as 'n goeie teel vis gebruik word, maar met Showa kan 'n mens jou lelik misgis!
Die Kohaku is nie sleg nie die Shiroji is baie mooi en die Hi (rooi) is sterk. Die Hi kon ook miskien meer oor die gesig gewees het en nie aan die een oog geraak het nie.
Is dit 'n mannetjie?