Latest topics | » New member, hallo everyoneWed Jun 15, 2022 8:35 am by avisagie » Waterfall Quiet Air Pump LP-60Thu Mar 24, 2022 10:34 am by Ronnie » Super Acto Flo Moving Bed Bio Media Thu Mar 24, 2022 10:28 am by Ronnie » Concerns about koi pond liningSun Oct 17, 2021 12:16 pm by radley » Nuwe damSat Mar 21, 2020 7:22 am by Bertus » Help! What do o do with fry??Sat Jun 01, 2019 2:34 am by Zombolina » A magical Japanese gardenFri May 24, 2019 1:45 pm by atb tv » Nogyosai Nagaoka koi show 2018 The vats part 2Sun Nov 25, 2018 12:52 pm by atb tv » Nogyosai Nagaoka koi show 2018 the vats part 1Sun Nov 25, 2018 11:58 am by atb tv |
March 2024 | Mon | Tue | Wed | Thu | Fri | Sat | Sun |
---|
| | | | 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | Calendar |
|
| | Interesting photo, Eisch!! | |
| Author | Message |
---|
Admin Admin
Posts : 2330 Reputation : 46 Join date : 2007-07-25 Age : 61 Location : Cape Town
| Subject: Interesting photo, Eisch!! Tue May 13, 2008 10:29 am | |
|
Last edited by Admin on Fri May 23, 2008 9:49 am; edited 1 time in total |
| | | Rezanne
Posts : 64 Reputation : 0 Join date : 2008-01-15
| Subject: Ja, dit het regtig gebeur! Tue May 13, 2008 4:34 pm | |
| Die olifant en die motor is raar, maar waar.
Hieroor kan twee toeriste van Switserland wat Suid-Afrika in Maart besoek het, getuig.
Mnr. Rico Beltrani (27) en sy suster, Angela (29), het om 09:00 op 21 Maart tydens hul vakansie by die Hluhluwe Umfolozi-natuurreservaat in KwaZulu-Natal die ervaring van hul lewens gehad toe ’n olifant sy voet en kop op hul gehuurde motor gesit het.
Beeld het Beltrani gister per telefoon in Switserland opgespoor. Hy het gesê hulle was verskriklik bang toe die olifant na hulle aangestap gekom het.
“Voor ons het ’n besigtigingsvoertuig met toeriste gery. Ek en my suster het agter in die Golf gery. Ons het ’n groep olifante gesien en begin foto’s neem toe die olifant na ons toe gestap het. ’n Veldwagter het geskreeu dat ek die motor moet afsluit, wat ek gedoen het.”
Hy het gesê hulle het eers gedink die olifant gaan verbystap.
“Toe hy doodstil by ons kom staan het en eers sy voet op die motorkap gesit het, het ons baie bang geword. Ons het tussen vyf tot ses minute doodstil gesit en wag voordat die olifant verder gestap het.”
Hy het gesê dit was ’n ongelooflike ervaring.
Mnr. Keith Marallich van Far and Wild Safaris het gesê die foto is deur mnr. David Plumb, ’n Britse kliënt van hulle, tydens ’n oggendrit naby die reservaat se Memorial Gate geneem.
Me. Renette van der Merwe, streekbestuurder van Budget Rent-a-car, by wie die Beltrani’s die Golf gehuur het, het die voorval bevestig.
“Dit het werklik gebeur. Dit het sowat R7 000 gekos om die skade aan die voertuig te herstel,” het Van der Merwe gesê.
Verskeie Beeld-lesers het gister hewig gereageer op die geloofwaardigheid van die foto.
Mnr. Neels van Tonder van Marikana het gesê: “Die foto van die olifant en die Golf is ’n goeie voorbeeld van ’n sleg gemanipuleerde foto.”
“Die enigste manipulasie is die olifant wat die Golf manipuleer, om nie eens te praat van die twee uitgestresde mense nie. Ek is seker hulle voel verontwaardig!” het mnr. Johan Kruger laat weet.
Mnr. Stan Louw het gesê olifante het ’n skofhoogte van sowat 3 m tot 3,5 m en nie 5 m soos op die foto nie. “Ek glo die foto is geneem met ’n olifant se slurp op die Golf se dak, maar toe uit proporsie opgeblaas. Só ’n groot olifant sou lankal nuus gemaak het.” |
| | | bubbles
Posts : 86 Reputation : 0 Join date : 2007-12-07 Age : 42 Location : Cape Town
| Subject: Re: Interesting photo, Eisch!! Wed May 14, 2008 7:31 am | |
| Morel of the story ???? " Moenie na 'n WildPark toe gaan met 'n Golf nie " |
| | | Colyn
Posts : 413 Reputation : 0 Join date : 2008-04-21 Age : 71 Location : Nelspruit
| Subject: Re: Interesting photo, Eisch!! Wed May 14, 2008 8:35 am | |
| Dis vir my interessant dat mense deesdae altyd beweer a shot is "gefake" as die shot iets is wat hulle nie wil glo nie |
| | | Guest Guest
| Subject: Re: Interesting photo, Eisch!! Wed May 14, 2008 9:20 am | |
| Hi, Wonder nou net hoekom wilde diere 'n ding met Golfs het Miskien is dit in die naam " Volks wagen" 'n Paar jaar terug op Popler Game Ranch, nabyTshipse, Limpopo,het hulle mak Wit Renoster ook op 'n Golf verlief geraak Moet se die Golf was 'n biedjie ronder en die skade was beslis meer as R 7 000
Last edited by Pieter J de Villiers on Wed May 14, 2008 5:58 pm; edited 1 time in total |
| | | Admin Admin
Posts : 2330 Reputation : 46 Join date : 2007-07-25 Age : 61 Location : Cape Town
| Subject: Re: Interesting photo, Eisch!! Wed May 14, 2008 9:50 am | |
| Skaduwees gee gewoondlik 'n gemanipuleerde foto weg. Nie in die geval nie. Ek het die foto in baie hoe resolusie, en hier is nie manipulasie nie, of dit is uitstekend gedoen. |
| | | Sponsored content
| Subject: Re: Interesting photo, Eisch!! | |
| |
| | | | Interesting photo, Eisch!! | |
|
Similar topics | |
|
| Permissions in this forum: | You cannot reply to topics in this forum
| |
| |
| |