The Koi Forum
Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.
The Koi Forum

The place where koi hobbyist's and dealers meet
 
HomeHome  PortalPortal  SearchSearch  Latest imagesLatest images  RegisterRegister  Log in  
Search
 
 

Display results as :
 
Rechercher Advanced Search
Keywords
skin salt pumps foam babies electricity SPOTS white baytril plant cape show western pond filter plants growth shape Bead 2011 Dimilin face dealers dropsy bubble food
Latest topics
» New member, hallo everyone
Gifstowwe in SA wyn EmptyWed Jun 15, 2022 8:35 am by avisagie

» Waterfall Quiet Air Pump LP-60
Gifstowwe in SA wyn EmptyThu Mar 24, 2022 10:34 am by Ronnie

» Super Acto Flo Moving Bed Bio Media
Gifstowwe in SA wyn EmptyThu Mar 24, 2022 10:28 am by Ronnie

» Concerns about koi pond lining
Gifstowwe in SA wyn EmptySun Oct 17, 2021 12:16 pm by radley

» Nuwe dam
Gifstowwe in SA wyn EmptySat Mar 21, 2020 7:22 am by Bertus

» Help! What do o do with fry??
Gifstowwe in SA wyn EmptySat Jun 01, 2019 2:34 am by Zombolina

» A magical Japanese garden
Gifstowwe in SA wyn EmptyFri May 24, 2019 1:45 pm by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 The vats part 2
Gifstowwe in SA wyn EmptySun Nov 25, 2018 12:52 pm by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 the vats part 1
Gifstowwe in SA wyn EmptySun Nov 25, 2018 11:58 am by atb tv

March 2024
MonTueWedThuFriSatSun
    123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031
CalendarCalendar
Affiliates
free forum


Share
 

 Gifstowwe in SA wyn

View previous topic View next topic Go down 
AuthorMessage
Erwee1



Posts : 64
Reputation : 0
Join date : 2007-07-25
Location : Cape Town

Gifstowwe in SA wyn Empty
PostSubject: Gifstowwe in SA wyn   Gifstowwe in SA wyn EmptyFri Mar 28, 2008 1:00 pm

Jaaiks! Die artikel verskyn op Die Burger se website, maar hulle noem nie die wyn by name nie. Weet iemand dalk watter wyn dit is?

Tjeers


Gifstowwe in SA wyn
PIETER MALAN
27/03/2008 09:33:21 PM - (SA)
LONDEN. – ’n Suid-Afrikaanse wyn wat in Stellenbosch geproduseer is, is deur ’n Europese organisasie uitgewys as een van 34 wyne wêreldwyd wat gevaarlike gifstowwe bevat.
Die studie, deur die Pesticide Action Network Europe (PAN-Europe), ’n organisasie wat homself beywer vir die gebruik van minder gifstowwe op landbouprodukte, sê hul studie toon wyn word “stelselmatig besmet” en dat dit ’n wêreldwye probleem is.
Die Suid-Afrikaanse wynbedryf sê egter die vlakke van die twee swamdoders wat in ’n bottel wyn van ’n Stellenbosse produsent gekry is, is aansienlik laer as die internasionale minimumvlakke vir dié spesifieke stowwe.
PAN-Europe het 40 bottels wyn ontleed – 13 uit Frankryk, tien elk uit Duitsland en Oostenryk, drie uit Italië en een elk uit Australië, Chili en Suid-Afrika.
Altesame 34 van dié wyne het die residu van altesame 24 verskillende gifstowwe wat op die druiwe gespuit is, bevat. Sewe hiervan is moontlik kankerwekkend en ’n verdere vier word deur die Wêreldgesondheidsorganisasie as “gevaarlik” beskryf.
Die Stellenbosse wyn het die residu van twee swamdoders, dimetomorf en flusilasool, bevat. Laasgenoemde word deur die Europese Unie as kankerwekkend beskryf en kan die reproduksie van selle beïnvloed. Die organisasie wou egter nie sê watter produsente se wyn getoets is nie.
’n Woordvoerder van PAN-Europe, mnr. Elliott Cannell, sê hul doelwit is om die aandag te vestig op ’n wydverspreide probleem in die wynbedryf.
“Dit sou gemeen wees om individuele produsente – van wie sommige al geslagte lank in die bedryf is – se besighede te vernietig deur hulle te identifiseer,” het Cannell gister aan Die Burger gesê.
Mnr. Jacques Rossouw, hoof van Geïntegreerde Produksie van Wyn (GPW), ’n Suid-Afrikaanse produsente-organsisasie wat hom beywer vir volhoubare wynproduksie, het gister gesê die bedryf en die departement van landbou doen gereeld toetse om te verseker dat Suid-Afrikaanse druiwe en wyn aan interna sionale standaarde voldoen.
“In tien jaar van gereelde toetse het die GPW en die departement van landbou nog nooit ’n enkele geval gevind waar wyn of druiwe met onaanvaarbare hoë vlakke van gifstowwe besmet was nie.”
Rossouw sê die vlakke van dimetomorf en flusilasool wat deur die PAN-Europe gekry is, is baie minder as die strengste neergelegde minimum vir dié middels in enige wynproduserende land.
“Natuurlik is dit nie lekker as een van ons wyne op so ’n lys verskyn nie, maar aan die ander kant is dit onafhanklike bevestiging dat die toetse wat ons in Suid-Afrika het, wél werk. ’n Mens kan jou tog net meet aan ’n riglyn wat wetenskaplik bereken is.”
PAN-Europe sê druiwe is een van die mees besmette voedselprodukte in Europa. Hulle sê in die verlede het wingerdboere relatief onskadelike anorganiese swael as swamdoder gebruik. Ná 1993 het die gebruik van swael egter drasties afgeneem soos Europese boere na gevaarlike sintetiese swamdoders oorgeslaan het. Shocked
Back to top Go down
 

Gifstowwe in SA wyn

View previous topic View next topic Back to top 
Page 1 of 1

Permissions in this forum:You cannot reply to topics in this forum
The Koi Forum :: General :: Chat - Not Koi related-