My grootste probleem was dat my pompe verstop het en moes dit 2 keer 'n dag uit water haal om naalde uit te trek. Het later 'n sandfilter opgesit wat aan die begin goed gewerk het maar later baie gou verstop geraak het. Onthou net, ek het nie skimmer of bottom drain gehad nie en ook normale sand gebruik.
Die visse was ook baie skrikbevange en sodra iemand naby die water kom, het hulle onder 'n boomstomp gaan wegkruip. Die stomp was skuins oor een van die hoeke v d dam geplaas. Ek het oor so jaar tydperk seker so 10-15 klein visse verloor sonder enige eksterne tekens. Kan nie met sekerheid se of dit wel die naalde was nie. Die oorblywende koi het ek oorgeplaas na my nuwe dam toe, en toe stop die sterftes en hulle het ook nie meer so verwilderd rond geswem nie