Frans, Ek is nie een van daardie slimmerder ouens nie! Tog ken ek die vereistes van die Utsuri familie. Die kenmerke van die Hi sowel as die KI Utsuri is dat hulle nie die kenmerkende Motoguru ontwikkel wat die Shiro Utsuri so mooi maak nie.
Die twee gekleurde Utsuris is geneig om rooi of geel vinne te he met sumi strepe.
Kate McGill beskryf dit so in haar boek, Koi Appreciation:
"The pectoral fins, unlike Shiro Utsuri and Showa tend to be heavilly striped with Sumi, rather than having neat motoguro. Nevertheless when combined with a completely red fin, these stripes look very attractive espacially on a large koi. There is a tendency, however for hi Utsuri to have completely black finnage which again gives a heavy appearance"
Nou, om terug te kom na die vis wat jy gepost het, kyk mooi na die vinne en probeer voorspel hoe dit gaan lyk as die vis groter is. As jy van die prentjie hou wat jy jouself voorstel, neem dit. Anders moet jy verder soek! Ek voel ook dat die wit in die vinne dalk nie die regte ding is nie. Wil jy 'n mooi vis he of skoue wen? dit is jou besluit!