Dankie vir al die reaksies en persoonlike boodskappe op my eerste blootstelling op die forum onlangs.
Die Goshiki hieronder het ek van Paul gekoop in Feb 2009 op omtrent 23 cm. In Junie vanjaar was dit oor 40cm. (Het ongelukkig nie meer die foto op 23cm nie, miskien het Paul nog 'n kopie?)
Ek besef dit is seker nie 'n skouvis nie (Paul het opgemerk destyds dat hy dink daar is heeltemal te veel Hi op die vis), maar ek geniet hierdie vis baie, het baie mooi ontwikkel en ten minste 'n baie treffende 'pondfish'; mens kan nie anders as om dit raak te sien nie!
Hoor graag kommentaar van ENIGE iemand!
(Jammer, my fotografie vaardighede is nog nie op Wayne se vlak nie; verskoon weerkaatsings op die oppervlak!)
Riaan