The Koi Forum
Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.
The Koi Forum

The place where koi hobbyist's and dealers meet
 
HomeHome  PortalPortal  SearchSearch  Latest imagesLatest images  RegisterRegister  Log in  
Search
 
 

Display results as :
 
Rechercher Advanced Search
Keywords
small electricity dealers 2011 face salt plants pond food bubble dropsy foam growth SPOTS filter Bead shape baytril plant pumps babies Dimilin western cape show clinofish
Latest topics
» New member, hallo everyone
Ooppad Cowboy EmptyWed Jun 15, 2022 8:35 am by avisagie

» Waterfall Quiet Air Pump LP-60
Ooppad Cowboy EmptyThu Mar 24, 2022 10:34 am by Ronnie

» Super Acto Flo Moving Bed Bio Media
Ooppad Cowboy EmptyThu Mar 24, 2022 10:28 am by Ronnie

» Concerns about koi pond lining
Ooppad Cowboy EmptySun Oct 17, 2021 12:16 pm by radley

» Nuwe dam
Ooppad Cowboy EmptySat Mar 21, 2020 7:22 am by Bertus

» Help! What do o do with fry??
Ooppad Cowboy EmptySat Jun 01, 2019 2:34 am by Zombolina

» A magical Japanese garden
Ooppad Cowboy EmptyFri May 24, 2019 1:45 pm by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 The vats part 2
Ooppad Cowboy EmptySun Nov 25, 2018 12:52 pm by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 the vats part 1
Ooppad Cowboy EmptySun Nov 25, 2018 11:58 am by atb tv

May 2024
MonTueWedThuFriSatSun
  12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  
CalendarCalendar
Affiliates
free forum


Share
 

 Ooppad Cowboy

View previous topic View next topic Go down 
AuthorMessage
Marius Bezuidenhout

Marius Bezuidenhout

Posts : 836
Reputation : 0
Join date : 2009-01-29
Age : 57
Location : Bloemfontein but mostly somewhere else

Ooppad Cowboy Empty
PostSubject: Ooppad Cowboy   Ooppad Cowboy EmptyWed Aug 25, 2010 11:49 pm

Ooppad-cowboy – met ’n plan
2010-08-25 22:17 - Beeld


Kitte op die hoewe by Vanderbijlpark.

Met sy driewiel-karretjie en ‘windsurfer’ wat bo-op balanseer, is Kitte Honyball ’n legende op Suid-Afrikaanse paaie. Dana Snyman het hom by Vanderbijlpark gaan opsoek om te hoor waarheen sy volgende reis hom sal neem.

Kitte is vies.

Iemand het die sak gesteel waarin hy sy dokumente en foto’s en ook sy oorle oupa se testament gehou het – die testament wat glo bepaal dat hy, Kitte Honyball, meer as R500 000 moet erf.

Nou moet hy eers weer ’n afskrif daarvan gaan kry.

“Maar sodra ek dit het, sak ons af Kaap toe om die geld te gaan haal,” sê hy en kyk na sy vriend Johan Beneke langs hom.

“Nè, ou Johan? ‘Cape Town, here we comes’!”

Johan knik net en sê niks nie.

Dis ’n koue Dinsdagoggend en die twee staan in die sonnetjie voor die tent waarin hulle tydelik op ’n hoewe hier naby Vanderbijlpark woon.

Langs die tent lê een van daardie branderplank-goed met die seile aan en ’n ent verder staan ’n eienaardige karretjie met drie wiele.

Kitte het die karretjie self gebou en hy toer die land daarmee vol.

Eers het hy dit met ’n Honda 90 cc-motorfiets gesleep, maar hy het die Honda in Theunissen in die Vrystaat vir ’n Kawasaki 650 cc verruil en die Kawa kon nooit regtig aan die gang kom nie.

Nou stoot hy die karretjie maar tot waar hy wil wees, met hierdie tent, die seilplank en al sy ander aardse goed op.

Want Kitte is mos maar knaend aan die beweeg.

Noem hom ’n swerwer of ’n man van die lang pad. Noem hom selfs werkloos, maar moet hom nie ’n boemelaar noem nie.

“’n Boemelaar is iemand wat nie meer planne het nie,” sê hy. “Ek is meer iets soos ’n cowboy.” Hy kyk weer na Johan. “Ons is mos cowboys, nè, Johan?”

Johan knik weer net sonder om iets te sê.

Hulle het mekaar onlangs hier in Vanderbijl ontmoet, hier tussen die hoewes waar ’n klomp mense saam sukkel om ’n bestaan te maak.

Oral sien jy gedaan ou motors staan en oral sit mense voor verwaarloosde huise rond.

Die naam op Kitte se geboortesertifikaat, wat saam met sy oorle oupa se testament gesteel is, is Johannes Bernardus Honyball.

Maar niemand ken hom so nie.

“Ons het mos naby die treinspoor in Jo’burg gebly,” vertel hy.

“Toe’s ek nog klein, man. Ek het nog nie eens voortande gehad nie. Ek staan in die wiegie, dan kom die trein verby, ke-tik, ke-tik, ke-tik. Dan probeer ek die geluid namaak: ke-tik, ke-tik. Toe noem my ma my Kitte.”

Dit was swaar jare. Hy en sy sewe broers en susters is later na ’n kinderhuis in Ugie in die Oos-Kaap gestuur.

Later het hy militêre diensplig in die lugmag gedoen en nog later het hy as stoker in die treine begin werk.

Maar toe, op ’n dag, is hy in ’n motorongeluk saam met ’n ou in ’n Chev Firenza en van toe af was Kitte maar knaend aan die swerf.

Nou, op die ouderdom van 53, is Kitte al op ’n manier ’n legende.

Mense hou langs die pad by hom stil en neem foto’s van hom en sy karretjie en ’n seilplank wat hy oral soos ’n droom met hom saampiekel.

’n Ruk gelede het OFM, ’n Vrystaatse radiostasie, glo selfs ’n onderhoud met hom gevoer.

“Ek het sommer oor die foon met OFM gepraat.” Kitte hou sy selfoon in die lug.

“Die omroeper vra vir my: ‘Meneer Honyball, vertel vir die luisteraars wat het u als op u karretjie.’

Ek sê vir hom: ‘Wel, ek het twee honde, ek het ’n ‘windsurfer’, ek het ’n visstok, ek het potte en panne ... ”

Ek het Kitte so vyf jaar gelede vir die eerste keer in Colesberg in die Karoo raakgeloop.

Hy was op pad Port Elizabeth toe, PE toe, met ’n seilplank en ’n hond met die naam Boetie.

“Ou Boetie leef nog,” sê hy. “Hy’s nou in PE.”

Ek het my foonnommer destyds aan Kitte gegee en van tyd tot tyd stuur hy ’n “please call me” sodat jy hom moet bel.

Maar die seilplank wat hier langs die tent lê, is ’n ander een as die een wat hy destyds by hom gehad het.

“Daai een het ek in Middelburg in die Kaap gelos. ’n Ou wou my en Boetie ’n ‘lift’ gee. Maar toe hy die ‘windsurfer’, sien, toe sê sy: ‘Ek’t nie plek vir daai ding nie, pel.’

Toe hardloop ek by die poliesstasie in. ‘Hier’s vir julle ’n windsurfer,’ sê ek vir die konstabel. ‘Julle kan hom as ’n boekrak of iets gebruik.’?”

Kitte skud sy kop. “Kan jy glo daai konstabel sê vir my: ‘Ons soek nie die ding nie, meneer.’

Toe gooi ek die ‘windsurfer’ op hul grasperk en skree vir hulle: ‘Hier’s vir julle ’n standbeeld, konstabel!’”

In PE het hy ’n ruk saam met sy swaer, John Palm, ’n beroepsvisser, gewerk.

Hy het ook saam met John Palm-hulle Kersfees gehou.

“Ek drink mos nie eintlik nie, maar ek het ook maar ietsie gedrink, want ek wil nie uit my plek uit voel nie.”

Maar ná ’n maand of wat het Kitte hier na Vanderbijl gekom.

“John Palm het gesê: ‘Kitte, ek sit jou nou op die bus terug.’

Ek sê toe vir John se dogtertjie: ‘Marlies, vat jy vir Boetie die hond. Ek mag nie met hom op die bus klim nie.’”

Johan staan steeds doodstil en luister na elke woord wat Kitte sê, byna asof dit ’n lesing is wat hy bywoon.

Hy is nou maar eers ’n jaar of so aan die swerf.

Hier in Vanderbijl het Kitte by ’n oom Joggie Pieterse se tuindiens-onderneming begin werk.

“Ek het die grassnyers ge-‘service’.” Kitte kyk my waterpas in die oë. “Ek’s ’n dodelike ‘mechanic’.”

Maar die lang pad het weer geroep en later is hy maar weer PE toe, hierdie keer met ’n ander hond, Erika, ’n kruising van ’n labrador en ’n Duitse herdershond, agterop die waentjie wat hy met die Honda 90 cc gesleep het.

“Ek kom toe weer daar by John Palm-hulle aan, maar ou John lyk nie ‘happy’ nie.

‘Hei, Kitte, ek kyk klaar na tien mense en hier’s jy ook nou weer,’ sê hy vir my.

Ek sê toe vir hom: ‘Moenie worrie nie, John. Jou familie is groot, dis verstaanbaar.’”

Toe mik Kitte in die Kaap se rigting; maar toe hy in Jeffreysbaai kom, is die Skulpiefees daar aan die gang.

“Ons hou toe te lekker ‘party’. Ou Erika hardloop op die strand saam met vreemde honde rond en later weet ek hier’s moeilikheid. Erika is gedek.”

Daarna het hy weer hier na Vanderbijl se rigting gekorrel, maar ’n ou soos Kitte beweeg maar stadig.

Hier en daar doen hy los werkies langs die pad om geld te kry om verder te gaan.

Toe hy in Bloemfontein kom, kry Erika kleintjies – 11 hondjies.

“Ek lieg nie, mense het foto’s van haar en die kleintjies geneem. Hierdie treilertjie van my is toe sommer ’n prêm ook.”

Hy en Erika het weer hier in Vanderbijl uitgekom en so ver soos hy gegaan het, het hy van Erika se kleintjies weggegee.

Maar toe kry Erika klaarblyklik bosluiskoors en nou die dag is sy dood.

Oom Joggie Pieterse, by wie Kitte weer sou werk, is ook onlangs oorlede.

Hierdie hoewe waar sy tent tans opgeslaan staan, behoort aan ene Sewes.

Dis ook Sewes wat hom hierdie seilplank gegee het.

“Sewes maak mense se jaarts skoon en jy weet mos hoe is ryk mense: As ’n ding sy snaaksegeid verloor het, smyt hulle dit weg. Toe gee Sewes die ‘windsurfer’ vir my.” Dit gaan uiteraard saam met hulle Kaap toe.

Kitte beduie na Johan, wat steeds hier staan. “Vertel vir hom meer van jouself,” sê hy.

“Ek is geskei. Toe gaan ek op die lang pad,” sê Johan.

“Ek was al van Pretoria af tot in Upington en terug. Ek was ook al Pietersburg toe en terug en PE toe en Knysna toe en Bloemfontein toe en terug.”

Kitte glimlag, byna trots glimlag hy. “Dis die tipe man wat ek saam met my soek.” Opeens begin sy selfoon piep. Dis ’n SMS van sy broer Dries. Hul ander broer, Jan, is vandag agt jaar gelede begrawe.

“Lees hier,” sê Kitte en gee sy selfoon vir my.

“Jan is vandag begrawe agt jaar trug,” lui die SMS. “Die aarde is ’n k** plek. Jy ‘struggle’ hier, dan kom haal die doderyk jou.”

“Waar’s Dries?” vra ek en gee die selfoon vir Kitte terug. “Ellisras.” Hy druk die selfoon terug in sy sak. “Dis maar ’n anderster plek daai.”

Kitte het nou die dag byna ’n werk as sweiser gehad, maar “ek het vir die ou gesê ek gaan dit liewer nie vat nie.

Ek is nog hartseer oor Erika wat dood is en ek kan nie konsentreer as ek hartseer is nie.

Netnou sny ek my arm met ’n ‘grinder’ of iets af”.

Hy wil eerder Kaap toe gaan, na die hoofkantoor van ’n bekende beleggingsfonds waar die geld glo lê wat sy oorle oupa aan sy kleinkinders bemaak het.

In 1953, toe sy oupa dood is, was dit glo reeds R500 000, wat intussen rente moes geloop het.

Dit is ’n ingewikkelde storie hoe sy oupa glo geld gemaak het en hoe die geld aan hulle bemaak is.

Of die geld regtig daar is en of Kitte-hulle dit regtig kan kry, weet ek nie.

Solank Kitte net nog ’n plan het.

Dit is eintlik al wat saak maak.
Back to top Go down
 

Ooppad Cowboy

View previous topic View next topic Back to top 
Page 1 of 1

Permissions in this forum:You cannot reply to topics in this forum
The Koi Forum :: Fun stuff :: Jokes - General-