'n Blinde ou stap per ongeluk by 'n lesbian bar in. Hy gaan sit op 'n barstoel en bestel 'n drankie .
Terwyl hy daar sit, skreeu hy vir die bartender: "Hey, wil jy 'n dom blond joke hoor?"
Tjoepstil....
In 'n diep stem fluister die girl langs hom in sy oor:
"Voor jy daai joke vertel moet ek jou vyf dinge sê pel:
*Die bartender is 'n blonde vrou
*Die bouncer is 'n blonde vrou
*Die girl langs my is 'n body builder. Sy's blond.
*Op regterhand het jy jou senior tipe blonde gewigopteller.
*Plus ek's 'n sesvoet, 120kg blonde chick met 'n doktorsgraad, 'n swartbelt en 'n bad attitude.
So dink nou mooi pel. Wil jy nog steeds daai grappie vertel?"
Die blinde ou dink so oomblik en skud dan stadig sy kop.
"Nee wat," sê hy. "Nie as ek dit vyf keer moet verduidelik nie."