Sielerus
Ek stuur hierdie aan jou want dit het beslis vir my gewerk en ek
dink ons almal het 'n bietjie vrede van binne nodig.
Ek het die eenvoudige advies van wat ek gelees het in 'n artikel
gevolg.
Die artikel stel dit so: "Om totale vrede van binne te ervaar moet
jy alles wat jy begin het klaar maak."
Ek kyk toe rond in die huis om te sien wat ek begin het en nie
klaar gemaak het nie. En voor ek vanoggend die huis verlaat het het ek 'n
bottel rooiwyn, 'n bottel witwyn, Baileys, drie Bacardi Breezers, Jack
Daniels,so vier Prozac, 'n paar Valiums, twee snye kaaskoek en 'n boks
sjokolade klaar gemaak.
Jy het geen flippen idee hoe goed ek voel nie!!!