Die skooljaar is weer in volle gang en dis Bennie se tweede dag op skool.
Tot sy ma se verbasing is hy tienuur die oggend al terug by die huis.
Waarom is jy nou al terug?" vra sy ma…
"Die meneer en die juffrou het gaan braai," sê Bennie.
"Gaan braai, op ' n Dinsdagoggend wanneer hulle moet werk? Hoe weet jy dit?" vra sy ma.
"Meneer het vir juffrou oor die interkom geroep en gesê sy moet haar rooster bring. Toe kom ek maar huistoe, want ek weet hoe lank vat ' n flippen braai!"